Amerikaanse dollar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amerikaanse dollar en Euro wêreldwyd: ██ Verenigde State van Amerika ██ Ander lande met Amerikaanse dollar ██ Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar ██ Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar
██ Europese Ekonomiese en Monetêre Unie ██ Andere lande met Euro ██ Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro ██ Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro
'n Een-dollar noot wat die eerste president George Washington vertoon.
Noot van 20 dollars met die afbeelding van president Andrew Jackson daarop.

Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar (Engels: United States dollar of US-Dollar, afgekort VS$) is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika, Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius en die Turks- en Caicos-eilande.

Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk.