Waterkloof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Waterkloof
Waterkloof Village in Waterkloof
Waterkloof Village in Waterkloof
Ligging van Waterkloof op 'n kaart (Gauteng)
Waterkloof
Waterkloof
Koördinate: 25°47′S 28°14′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Tshwane
Oppervlak
 - Voorstad 3,7 km²  (1,4 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 4 820
 - Digtheid 1 300/km² (3 300/vk m)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 0145
Strate: 0181
Skakelkode(s) 012

Waterkloof is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika. Dit is vernoem na die oorspronklike plaas wat in die gebied geleë was toe Pretoria in die 19de eeu gestig is. Dit is oos van die stadskern geleë. Waterkloof is 'n gevestigde, boomryke gebied met van die duurste eiendom in die stad. Soos in baie ander dele van Pretoria is jakarandabome langs die strate geplant wat die buurt in Oktober in 'n pers skouspel verander.

Gedurende die apartheidera is Waterkloof geassosieer met die Afrikanerelite aangesien verskeie hooggeplaasde regeringsamptenare daar woonagtig was. Vandag is dit 'n uiters gesogte woonbuurt met weelderige huise teen die kloofhange en indrukwekkende uitsigte oor die hoofstad en die Uniegebou. Baie van die strate in die buurt is na Britse koninklikes vernoem. Waterkloof is ook die tuiste van die Pretoria buiteklub met sy 18-putjie gholfbaan.

Verskeie ambassadeurswonings word in die woonbuurt aangetref. Dit is ook die tuiste van die bekende Suid-Afrikaanse sopraansangeres, Mimi Coertse, en was die plek van die Dube-huis in die film Tsotsi.

Die hoofstraat deur Waterkloof is Crownrylaan wat Waterkloof met Brooklyn in die noorde verbind en Albertstraat wat van oos na wes loop deur die naburige Menlopark en Groenkloof.