Delportshoop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Delportshoop
Ligging van Delportshoop op 'n kaart (Noord-Kaap)
Delportshoop
Delportshoop
 Delportshoop se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°25′0″S 24°18′0″O Koördinate: 28°25′0″S 24°18′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Frances Baard
Munisipaliteit Dikgatlong
Stigting 1934
Oppervlak[1]
 - Dorp 67,8 km²  (26,2 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 10 346
 - Digtheid 153/km² (396,3/myl2)
Ras (2011)
 • Swart 47.9%
 • Kleurling 43.4%
 • Indiër/Asiër 1.0%
 • Blank 2.9%
 • Ander 4.9%
Taal (2011)
 • Tswana 49.4%
 • Afrikaans 43.0%
 • Engels 1.9%
 • Zoeloe 1.2%
 • Ander 4.6%
Poskode (straat) 8377
Poskode (posbus) 8377
Skakelkode(s) 053
Webwerf: Delportshoop

Delportshoop is 'n dorp op die R31 hoofpad sowat 30 km van Barkly-Wes in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp het in die 1870's as 'n delwerskamp ontstaan en spoeldiamante word nog steeds in die gebied herwin. Delportshoop is by die Vaalrivier en baie naby die samevloeiing van die Vaal - en die Hartsriviere.

Vaal-Gamogara-waterprojek[wysig]

Naby Delportshoop is die beheersentrum van die Vaal-Gamogara-waterprojek. Die projek lewer sowat 64 000m3 water per dag aan die diamant-, mangaan-, ystererts- en ander myne in die Postmasburg, Sishen, Kathu en Hotazel omgewing. Dit word gedoen deur 'n netwerk van 300 km pype, reservoirs en suiweringswerke.

Vaalbos Nasionale Park (gesluit)[wysig]

Die gewese Vaalbos Nasionale Park was naby Delportshoop. Die reservaat se wild is grootliks deur SANParke verskuif na die nuwe Mokala Nasionale Park in 2008, waarna Vaalbos gesluit is. Die oorheersende plantegroei is vaalbos of kanferbos en daar kom ook kameeldoringbome voor. Springbokke en rooihartbeeste is inheems aan die gebied.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Som van die hoofplekke Delportshoop en Tidimalo tydens die 2011-sensus.