Douglas, Noord-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Douglas
Voorstedelike Douglas
Voorstedelike Douglas
Ligging van Douglas op 'n kaart (Noord-Kaap)
Douglas
Douglas
 Douglas se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°3′0″S 23°46′0″O Koördinate: 29°3′0″S 23°46′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Pixley ka Seme
Munisipaliteit Siyancuma
Stigting 1867
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 86,42 km²  (33,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 20 083
 - Digtheid 232/km² (600,9/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 32.1%
 • Kleurling 58.3%
 • Indiër/Asiër 0.8%
 • Blank 8.0%
 • Ander 0.9%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 93.1%
 • Tswana 2.3%
 • Engels 1.5%
 • Ander 3.1%
Poskode (straat) 8730
Poskode (posbus) 8730
Skakelkode(s) 053

Douglas is 'n dorp in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika sowat 15 km suidwes van die samevloei van die Oranjerivier en die Vaalrivier, 117 km wes-suidwes van Kimberley en 162 km noordoos van Prieska.

Die dorp is in 1848 as 'n sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap op die plaas Backhouse deur die predikant Isaac Hughes gestig. In 1867 het 'n groep Europeërs van Griekwastad 'n ooreenkoms geteken waarvolgens hulle die reg verkry het om 'n dorp te stig.[2] Die dorp is na sir Percy Douglas, luitenant-generaal van die Kaapkolonie, genoem. Die dorp verkry in 1914 munisipale status.

Douglas staan bekend vir wild-, bees-, skaap- en besproeiingsboerdery. Toerismeaantreklikhede in en om die dorp sluit in Backhouse, moontlik die grootste Brahmanbeesplaas in Suid-Afrika, Die Neus, 'n natuurgebied 14 km buite die dorp by die samevloei van die Oranje- en Vaalriviere, Douglas Wynkelder wat in 1968 gevestig is en 'n verskeidenheid tafel- en dessertwyne produseer en Driekopseiland met sowat 3 000 rotstekeninge in die Rietrivierbedding. Die Oranjerivier bied ook goeie riviervlotry-geleenthede en die Vaalrivier varswaterhengel.[2]

Persone gebore in Douglas[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Douglas”. Sensus 2011.
  2. 2,0 2,1 Interesting Places Around Kimberley, Besoek op 10 April 2007