JP Duminy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
JP Duminy
JP Duminy.jpg
Volle naam Jean-Paul Duminy
Gebore 14 April 1984 (1984-04-14) (30 jaar oud)
Strandfontein, Kaapstad, Suid-Afrika
Bynaam(e) JP, Koppe
Kolfstyl Linkshandig
Boulstyl Regterarm wegbreek
Rol Kolwer, aflosbouler
Internasionale inligting
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 302) 17 Desember 2008 v Australië
Laaste Toets 1 Maart 2014 v Australië
Toetshempno. 67
EDI debuut (no 77) 20 Augustus 2004 v Sri Lanka
Laaste EDI 11 Desember 2013 v Indië
EDI hempno. 21
T20I debuut (no 30) 15 September 2007 v Bangladesj
Laaste T20I 29 Maart 2014 v Engeland
T20I hempno. 21
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2003–huidig Kaapse Kobras (spanno. 24)
2001–2004 Westelike Provinsie
2003 Devon
2009–2010 en:Mumbai Indians
2011–2012 en:Deccan Chargers
2013-huidig en:Sunrisers Hyderabad
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI T20 1e rang
Wedstryde 24 115 155 83
Lopies aangeteken 1,111 3,260 3,758 5,435
Kolfgemiddeld 31.82 39.27 36.44 48.52
100s/50s 3/5 3/18 0/22 17/27
Hoogste telling 166 150* 99* 200*
Aflewerings geboul 1788 1,770 1,022 4,249
Paaltjies 27 35 51 61
Boulgemiddeld 39.38 40.31 25.07 40.37
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0 1
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 n/a n/a 0
Beste boulontleding 3/67 3/31 4/20 5/108
Vangskote/Stonkings 16/– 46/– 55/– 58/–
Bron: Cricinfo, 29 Maart 2014

Jean-Paul Duminy (14 April 1984 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler.

Loopbaan[wysig]

Duminy is 'n suksesvolle top-orde kolwer, 'n geoefende veldwerker en 'n nuttige aflosbouler. Hy het bekendheid verwerf tydens die Suid-Afrikaanse onder-19 toer na Engeland in 2003 en in die 2003-04 plaaslike seisoen, waar hy gemiddeld meer as 72 handhaaf, slegs twee jaar na hy lid van die WP-span geword het. Alhoewel hy minder gereeld in kitskrieket boul, vind hy ook sukses met die bal, en maak sy EDI-debuut in 2004 teen Sri Lanka.

Duminy het sy toetsbuiging teen Australië op die WACA in Perth op 17 Desember 2008 gemaak, nadat hy sy beseerde onderkaptein Ashwell Prince vervang het.[1] Met 50 nie uit nie in die tweede beurt, slaan hy die wenlopies in die wedstryd ná 'n ononderbroke 100-tal vennootskap met AB de Villiers. Sy prestasie word geloof deur talle kritici, waaronder Peter Roebuck. In die volgende toets, wat op Gesinsdag begin het, kombineer Duminy met die stertkolwers om sy eerste toetshonderdtal van 166 aan te teken. Suid-Afrika was meer as 200 lopies agter toe hulle hul sewende paaltjie verloor het in die eerste beurt. Hiermee het hy en Dale Steyn (76) saam 180 bygevoeg en Graeme en Peter Pollock se Suid-Afrikaanse negende paaltjie rekord teen Australië oortref. Suid-Afrika het met 'n 62 lopie-voorsprong geëindig en omskep dit in 'n nege paaltjie oorwinning. Dit verseël die reeks vir die Proteas, die eerste keer dat Suid-Afrika in Australië 'n toetsreeks wen, en Australië verloor hul eerste tuistoetsreeks in 16 jaar.

Hy neem ook sy eerste toetspaaltjie, dié van Michael Clarke, in die 3de toets op die toer. Hy het een van die indrukwekkendste vangste ooit geneem tydens die tweede Twintig20I teen Australië in Brisbane. David Hussey moker 'n bal in die lug en terwyl Duminy hardloop na die grens, lanseer hy homself in die lug, duik en neem die vangskoot met twee hande.

Duminy speel in die Indiese Premierliga in 2009 nadat die Mumbai Indians hom vir VS$ 950,000 gekoop het. Hy behaal twee vyftigtalle in die toernooi. Tans speel hy vir Sunrisers Hyderabad.

Duminy het die tweede kolwer ná Adam Gilchrist geword om vir 99 uitgehaal te word in 'n Wêreldbeker-wedstryd. Daar was reeds 36 gevalle waar 'n speler in die negentigs in Wêreldbeker-toernooi kleedkamer toe gestuur is. [2]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Peter Roebuck (21 Desember 2008). “Steely youths score greatest win”. The Sydney Morning Herald. smh.com.au. URL besoek op 28 Desember 2008.
  2. Suid-Afrika teen Ierland, IKR Wêreldbeker 2011”. CricketArchive.


Suid-Afrika se huidige nasionale krieketspan

Graeme Smith (uitgetree op 5 Maart 2014) - Hashim Amla - Quinton de Kock - AB de Villiers [EDI-kaptein] - Faf du Plessis [T20-kaptein] - JP Duminy - Dean Elgar - Ryan McLaren
- David Miller - Morné Morkel - Wayne Parnell - Vernon Philander - Alviro Petersen - Robin Peterson - Dale Steyn - Imran Tahir [EDI-span] - Lonwabo Tsotsobe [EDI-span]

  • Nie tans gekies nie -

Henry Davids - Rory Kleinveldt - Jacques Rudolph - Roelof van der Merwe - Vaughn van Jaarsveld