Moksja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Moksja
Taal Moksja
Familie Oeraals
Gepraat in Rusland
Plaaslike naam Мокшень кяль, moksjen kjal
Aantal sprekers 500 000

Moksja (мокшень кяль, moksjen kjal) is lid van die Wolga-Finse subafdeling van die Oeraalse taalfamilie. Dit het sowat 500 000 sprekers en is die belangrikste taal in die westelike deel van Mordowië.[1] Moksja is een van drie amptelike tale in Mordowië. Die ander twee is Erzja en Russies. Die naaste taal aan Moksja is Erzja, maar sprekers kan nie mekaar se taal verstaan nie. Daar is tans ses dialekte: Sentraal-, Wes-, Suidwes-, Noord-, Suidoos- en Suid-Moksja.

Vanweë agglutinasie (sameklewing) kan woorde in Moksja taamlik lank wees. Die klem is altyd op die eerste lettergreep, maar is nie sterk nie en dit kan klink of alle lettergrepe ewe veel klem het. Dit word in die Cyrilliese alfabet geskryf, met ’n paar meer letters as Russies.

Moksja-Cyrilliese alfabet, 1924-1927

Verwysings[wysig]

  1. [1] Encyclopedia Britannica

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Amptelike tale in die Russiese Federasie
AbazynsAdigiesAltaisAwaarsBasjkiriesBoerjatiesChakasiesChantiErzjaIngoesjetiesJakoetiesKabardiesKalmikiesKaratsjai-BalkariesKomi-SirjeensMansiMariMoksjaNenetsNogaiOedmoertsOssetiesRussiesTartaarsTiwaansTsjetsjniesTsjoektsjiesTsjoewasjies