Boerjaties

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Boerjaties
Taal Boerjaties
Familie Mongools
Gepraat in Rusland, Noord-Mongolië, Noordwes-Sjina
Plaaslike naam (in Rusland) буряад хэлэн, Boerjaad chelen
Aantal sprekers 400 000

Boerjaties is ’n Mongoolse variëteit wat gewoonlik as ’n taal geklassifiseer word. Die Russiese vorm daarvan word deur die Boerjate gepraat aan Rusland se noordelike grens met Mongolië. Daar is ook kleiner Boerjatiessprekende gemeenskappe in Mongolië (Mongoolse Boerjaties) en Sjina (Sjinese Boerjaties).

Russiese Boerjaties (буряад хэлэн, Boerjaad chelen) is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Boerjatië. Dit is die enigste van die drie vorms van Basjkiries met ’n geskrewe taal, waarvoor die Cyrilliese alfabet gebruik word.

Die grootste verskille tussen die drie vorms is vanweë leenwoorde uit ander tale en die sosiale konteks waarin hulle gebruik word.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Raymond G. Gordon, jr, red. 2005. Ethnologue: Languages of the World. 15de uitgawe. Dallas: Summer Institute of Linguistics.
  • Poppe, Nicholas. (1960). Buriat Grammar. Uralic and Altaic-reeks (No. 2). Bloomington: Universiteit van Indiana.

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Amptelike tale in die Russiese Federasie
AbazynsAdigiesAltaisAwaarsBasjkiriesBoerjatiesChakasiesChantiErzjaIngoesjetiesJakoetiesKabardiesKalmikiesKaratsjai-BalkariesKomi-SirjeensMansiMariMoksjaNenetsNogaiOedmoertsOssetiesRussiesTartaarsTiwaansTsjetsjniesTsjoektsjiesTsjoewasjies