Abazyns

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Abazyns
Taal Abazyns
Familie Noordwes-Kaukasies
Gepraat in Rusland, Turkye
Plaaslike naam Абаза Бызшва, Abaza Bizsjwa
Aantal sprekers 48 280[1]

Abazyns (Абаза Бызшва, Abaza Bizsjwa) is ’n taal van die Abazyne van die Kaukasus-gebergte in die Republiek van Karatsjai-Tsjerkessië in Rusland. Dit bestaan uit twee dialekte, die Asjcherewa en die Tap'anta, wat die letterkundige standaard is.

Die taal word deur sowat 35 000 mense in Rusland gepraat waar dit in ’n aangepaste Cyrilliese alfabet geskryf word. Dit word ook deur sowat 10 000 mense in Turkye gepraat waar dit in die Latynse alfabet geskryf word.

Abazyns is, nes ander tale in die Noordwes-Kaukasiese taalfamilie, hoogs agglutinerend – dit het talle medeklinkers (63 foneme) en net twee klinkers. Dit is nou verwant aan Abchasies, maar het ’n paar foneme wat nie in Abchasies voorkom nie.

Alfabet[wysig]

А а Б б В в Г г Гв гв Гъ гъ Гъв гъв Гъь гъь
Гь гь ГӀ гӀ ГӀв гӀв Д д Дж дж Джв джв Джь джь Дз дз
Е е Ё ё Ж ж Жв жв Жь жь З з И и Й й
К к Кв кв Къ къ Къв къв Къь къь Кь кь КӀ кӀ КӀв кӀв
КӀь кӀь Л л Ль ль М м Н н О о П п ПӀ пӀ
Р р С с Т т Тл тл Тш тш ТӀ тӀ У у Ф ф
Х х Хв хв Хь хь ХӀ хӀ ХӀв хӀв Ц ц ЦӀ цӀ Ч ч
Чв чв ЧӀ чӀ ЧӀв чӀв Ш ш ШӀ шӀ Шв шв Щ щ Ъ ъ
Ы ы Ь ь Э э Ю ю Я я

Verwysings[wysig]

  1. Etnologie-verslag vir Abazyns

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Amptelike tale in die Russiese Federasie
AbazynsAdigiesAltaisAwaarsBasjkiriesBoerjatiesChakasiesChantiErzjaIngoesjetiesJakoetiesKabardiesKalmikiesKaratsjai-BalkariesKomi-SirjeensMansiMariMoksjaNenetsNogaiOedmoertsOssetiesRussiesTartaarsTiwaansTsjetsjniesTsjoektsjiesTsjoewasjies