Germiston

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Germiston
Presidentstraat, Germiston (1910).
Presidentstraat, Germiston (1910).
Ligging van Germiston op 'n kaart (Johannesburg)
Germiston
Germiston
Koördinate: 26°13′4″S 28°10′2″O Koördinate: 26°13′4″S 28°10′2″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Ekurhuleni
Stigting 1886
Oppervlak
 - Stad 143,27 km²  (55,3 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 255 863
Tydsone SAST (UTC+2)

Germiston aan die Oos-Rand van Gauteng is Suid-Afrika se agtiende grootste nedersetting. Dit het Suid-Afrika se grootste spoorwegaansluiting en die besigste burgerlike lughawe, die Randse Lughawe.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is gestig in die vroeë dae van die goudstormloop, toe twee prospekteerders, John Jack van die plaas Germiston naby Glasgow in Skotland en August Simmer van Vacha in Duitsland goudneerslae ontdek het op die plaas Elandsfontein. Albei van hulle het ryk geword daaruit en die dorp het langs die myn, Simmer & Jack, ontstaan. Die myn is in 1964 gesluit nadat dit 15 miljoen onse goud opgelewer het. Die dorp het in 1903 'n munisipaliteit geword en het in 1950 stadstatus verkry. Die wêreld se grootste goudraffinadery, die Rand Refinery, is in 1921 in Germiston geopen.

Infrastruktuur[wysig]

Germiston is nou deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, oos van die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit. Die stad is ook die tuiste van die Wesbank Motorrenbaan (waar die bekende Gosforth Park perderenbaan geleë was). Op die Germistonmeer word ook verskeie soorte watersport beoefen. Sewe spoorlyne sluit by die spoorwegstasie aan.

Sien ook[wysig]