Secunda

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Secunda
Ligging van Secunda op 'n kaart (Mpumalanga)
Secunda
Secunda
 Secunda se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 26°30′58″S 29°12′10″O Koördinate: 26°30′58″S 29°12′10″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Gert Sibande
Munisipaliteit Govan Mbeki
Stigting 1974
Oppervlak[1]
 - Dorp 12,91 km²  (5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 23 257
 - Digtheid 1 801/km² (4 664,6/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 20.6%
 • Kleurling 3.8%
 • Indiër/Asiër 3.0%
 • Blank 71.9%
 • Ander 0.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 69.5%
 • Engels 13.3%
 • Zoeloe 6.5%
 • Sotho 2.5%
 • Ander 8.1%
Poskode (straat) 2302
Skakelkode(s) 017

Secunda is 'n dorp in Mpumalanga (Suid-Afrika). Die dorp het 'n bevolking van 40 000.

Agtergrond[wysig]

Tydens die oliekrisis van 1973 het die prys van olie oornag vervierdubbel. Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om nog 'n olie-uit-steenkool aanleg te bou en SASOL II is aangekondig. Konstruksie het in 1976 begin en die eerste olie is op 1 Maart 1980 gelewer. Secunda beteken tweede. Dis so genoem omrede die tweede aanleg wat olie uit steenkool vervaardig, hier gebou is. Die eerste een was Sasolburg.

Die omverwerping van die Sjah van Iran se bewind in 1979, het vrese laat ontstaan dat Persiese ruolie onverkrygbaar of onbetaalbaar duur sou word. Dit het die Suid-Afrikaanse regering laat besluit om nog 'n brandstofaanleg by Secunda te bou. Dit is SASOL III genoem en het sy eerste olie op 10 Mei 1982 gelewer. Die totale koste van die twee projekte was R 5 800 miljoen.

Omgewing[wysig]

Steenkool vir die aanlegte word verkry van vier myne wat as die Secunda Steenkoolmyne bekendstaan. Syferfontein, 'n oopgroefmyn lewer ook steenkool aan die aanlegte. Die jaarlikse verbruik is ongeveer 35 miljoen ton. Daar is 'n hoë skoorsteen in die dorp van 301 m.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Secunda”. Sensus 2011.