Griekwastad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Griekwastad
(Griquatown)
Hoofstraat van Griekwastad
Hoofstraat van Griekwastad
Ligging van Griekwastad op 'n kaart (Noord-Kaap)
Griekwastad
Griekwastad
 Griekwastad se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°51′S 23°15′O Koördinate: 28°51′S 23°15′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Pixley ka Seme
Munisipaliteit Siyancuma
Stigting 1801
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 77,74 km²  (30 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 6 428
 - Digtheid 83/km² (215/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 33.3%
 • Kleurling 60.2%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 3.8%
 • Ander 2.2%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 95.4%
 • Tswana 2.3%
 • Ander 2.4%
Poskode (straat) 8365
Poskode (posbus) 8365
Skakelkode(s) 053

Griekwastad is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die N8 nasionale pad gaan deur Griekwastad. Kimberley is ongeveer 150 km oos van Griekwastad.

Adam Kok[wysig]

Adam Kok II, 'n bevryde slaaf, het die Griekwa Khoihoi gelei vanaf Piketberg na die huidige Griekwastad. Adam het in die kombuise gewerk van die goewerneurs van die Kaap. Soos die blanke nedersetters meer die binneland in beweeg het, het Adam en die Griekwas al verder weg beweeg totdat hulle gedurende ongeveer 1800 hulself in die gebied van Griekwastad gevestig het. Daar het sommige fragmente van die Tswanas en Basters by hulle aangesluit.

Londense Sendinggenootskap[wysig]

Die Londense Sendinggenootskap het gedurende 1802 'n sending skool by "Leeuwenkuil" geopen. Die eerste sendelinge was William Anderson en Cornelius Kramer. Om weg te kom van die leeus wat 'n nabyleë watergat besoek het, het hulle die sendingstasie na Klaarwater verskuif. Klaarwater se naam is in 1813 na Griekwastad verander.

Griekwastaddistrik[wysig]

Die distrik is bees- en skaapwêreld en 'n verskeidenheid halfedelstene kom in die omgewing voor, veral tieroog. Boesmankuns kom op verskeie plekke in die distrik voor.[2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]