Stade de la Beaujoire

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stade de la Beaujoire
La Beaujoire
Vollenaam Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau
Ligging Route de Saint Joseph 44300, Nantes, Frankryk
Geopen 8 Mei 1984
Eienaar
Oppervlak Gras
Tuisveld van
FC Nantes
Kapasiteit
38 285
Dimensies
105m x 68m

Die Stade de La Beaujoire - Louis Fonteneau, meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van FC Nantes Atlantique sokkerklub. In September 2007 bied dit drie poelwedstryde van die 2007 Rugby Wêreldbeker aan: Wallis teen Kanada op 9 September, Engeland teen Samoa op 22 September en Wallis teen Fidji op 29 September.

Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vreindskapl;ike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is vernoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapsiteit na 38 285 verminder is. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.

Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 (16-3) geklop.

La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde in die 1984 Europese Voetbal Kampioenskap is daar gehou, insluitend 'n 5-0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die 1998 FIFA Wêreldbeker, insluitend die kwarteidstryd tussen Brasilië en Denemarke.

Die Frankryk nasionale sokkerspan het op drie geleenthede daar gespeel, mees onlangs in 'n 2001 vriendskaplike wedstryd teen Denemarke (1-0).

Die stadion is ook reeds vir verskeie konserte gebruik insluitend:


Eksterne skakels[wysig]