Parc des Princes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Parc des Princes
Paris-Parc-des-Princes.jpg UEFA Nuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.png
Vollenaam Parc des Princes
Ligging Parys, Frankryk
Gebou 1897
Geopen 1897
Uitgebrei 1972
Eienaar Stad Parys
Oppervlak Gras
Argitek Roger Taillibert (1972)
Tuisveld van
Paris Saint-Germain (Sokker)
Frankryk (Rugby)
Frankryk (Sokker)
(sommige wedstryde tot en met 1998)
Kapasiteit
44 500
Dimensies

Die Parc des Princes is 'n stadion in die suid-weste van die Franse hoofstad Parys. Die stadion is in die XVIde arrondissement en naby die boulevard périphérique, 'n ringsnelweg rondom Parys, geleë. Die stadion is in besit van die stad Parys.

Die eerste Parc is op 18 Julie 1897 onder die naam Stade-vélodrome du Parc des Princes ingewy, maar die huidige konstruksie is volgens die argitek Roger Taillibert se ontwerp in 1972 opgerig. Die Parc des Princes dien sedert 1974 as die amptelike stadion van die sokkerklub Paris Saint-Germain. Voor die inwyding van die Stade de France in Januarie 1998 het ook wedstryde van die Franse nasionale sokker- en rugbyspanne hier plaasgevind. Verskeie wedstryde van die 2007 Rugby Wêreldbeker sal hier gehou word.