Stade Geoffroy-Guichard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stade Geoffroy-Guichard
Le Chaudron vert ("Die Groen Ketel")
Stade Geoffroy-Guichard.jpg
Vollenaam Stade Geooffroy-Guichard
Ligging Saint-Étienne, Frankryk
Gebou 1930
Geopen 13 September 1931
Renovasie 1984 1998
Eienaar
Oppervlak Gras
Tuisveld van
AS Saint-Étienne (Sokker)
Kapasiteit
35 616
Dimensies
105 x 68 m

Die Stade Geoffroy-Guichard is 'n meerdoelige stadion in die Franse stad Saint-Étienne. Dit is vernoem na Geoffroy Guichard, die stigter van die Franse kettingwinkel-groep Casino. Guichard het die perseel gekoop waarop die stadion opgerig is, en ook die sokkerklub AS Saint-Étienne is oorspronklik deur Casino-werkers gestig.

In die Stade Geoffroy-Guichard word hoofsaaklik sokkerwedstryde gehou soos dié van die Europese Sokkerkampioenskap van 1984, die 1998 Sokker-Wêreldtoernooi en die Konfederasie-beker (Confederations Cup) in 2003. Die stadion word daarnaas ook vir rugby union-wedstryde gebruik en was een van die Franse stadions van die 2007 Rugby Wêreldbeker.

Die stadion dra die byname le Chaudron vert ("die Groen Ketel") en l'Enfer vert ("die Groen Hel") - 'n verwysing na die plaaslike sokkerklub AS Saint-Étienne se spankleure. Die byname is sedert die 1960's en 1970's gebruiklik toe die klub nog baie gewild was en groot getalle toeskouers gelok het. Die stadion se grootste aantal toeskouers was 47 000 in die jaar 1985.

Die stadion is op 13 September 1931 ingewy, en die eerste wedstryd tussen AS Saint-Étienne en FAC Nice het vier dae later plaasgevind.