Cannes-rolprentfees 2008

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
 Ausuebende Audiovision.png Cannes-rolprentfees 2008 

Datum 14-25 Mei 2008
Plek Cannes, Frankryk
Aanbieder  Édouard Baer
Getal prente  22 (In Kompetisie)
20 (Un Certain Regard)
9 (Kortprente)
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  Blindness
Afsluitingsfliek  What Just Happened
Palme d'Or  The Class

Die 61ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2008 gehou. Benewens die flieks wat om pryse meegeding het, het groot Hollywood-produksies soos Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull en Kung Fu Panda hul premières hier gehad. Die Amerikaanse akteur en regisseur Sean Penn was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 51 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Franse rolprent The Class (Entre les murs), met Laurent Cantet as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Fernando Meirelles se Blindness[2] en afgesluit met What Just Happened van Barry Levinson.[3]

Belangrikste fliekpryse[wysig | wysig bron]

Seanpenn1.jpg
Sean Penn (voorsitter van die jurie).
Benicio Del Toro - Guardians of the Galaxy premiere - July 2014 (cropped).jpg
Benicio del Toro (beste akteur).
Rolprent Regisseur Land Prys
The Class (Entre les murs) Laurent Cantet Frankryk Palme d'Or
Gomorra (Gomorrah) Matteo Garrone Frankryk Grand Prix
Il Divo Paolo Sorrentino Italië Jurieprys
Tulpan Sergei Dvortsevoy Kazachstan Un Certain Regard
Hunger Steve McQueen VSA Caméra d'Or
Megatron Marian Crişan Roemenië Kortfilm-Palme d'Or

Ander pryse[wysig | wysig bron]

Prys Wenner Rolprent Land
Beste regisseur Nuri Bilge Ceylan Three Monkeys (Üç Maymun) Turkye
Beste draaiboek Luc & Jean-Pierre Dardenne Lorna's Silence (Le Silence de Lorna) België
Beste akteur Benicio del Toro Che VSA
Beste aktrise Sandra Corveloni Linha de Passe Brasilië
Prix du 61ème anniversaire Catherine Deneuve
Clint Eastwood
Un conte de Noël
Changeling
Frankryk
VSA

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]