Cannes-rolprentfees 1959

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
 Ausuebende Audiovision.png Cannes-rolprentfees 1959 

Datum 30 April - 15 Mei 1959
Plek Cannes, Frankryk
Getal prente  26 in kompetisie
22 kortprente
Webtuiste  Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek  The 400 Blows
(Les Quatre Cents Coups)
Afsluitingsfliek  The Diary of Anne Frank
Palme d'Or  Black Orpheus (Orfeu Negro)

Die 12de Cannes-rolprentfees is van 30 April - 15 Mei 1959 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Palme d'Or is toegeken aan Black Orpheus (Orfeu Negro) deur Marcel Camus.[2] Die fees is geopen met The 400 Blows (Les Quatre Cents Coups) deur François Truffaut en afgesluit met The Diary of Anne Frank deur George Stevens.[3][4][5] Die Franse dramaturg en draaiboekskrywer Marcel Achard was die president van die jurie.

In 1959 het die Franse rolprentbedryf van die departement van nywerheid geskuif na die departement van kultuursake.[6]

Pryse[wysig | wysig bron]

Marcel Achard, president van die jurie.
François Truffaut, beste regisseur.

Van die mense en prente wat in 1959 pryse ontvang het, is:[7][8][2]

  • Palme d'Or: Black Orpheus (Orfeu Negro) deur Marcel Camus
  • Beste regisseur: François Truffaut vir The 400 Blows (Les Quatre Cents Coups)
  • Beste akteur: Dean Stockwell, Bradford Dillman en Orson Welles vir Compulsion
  • Beste aktrise: Simone Signoret vir Room at the Top
  • Jurieprys: Stars deur Konrad Wolf
  • Beste komedie: Policarpo, ufficiale di scrittura deur Mario Soldati

Kortprente

  • Palme d'Or: Butterflies Don't Live Here (Motyli zde neziji) deur Miro Bernat
  • Jurieprys: New York, New York deur Francis Thompson en Zmiana warty (The Changing of the Guard) deur Wlodzimierz Haupe

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "1959 - Festival, mon amour (Festival, my love)". cannes-fest.com (in Frans). Besoek op 25 Mei 2017.
  2. 2,0 2,1 "12ème Festival International du Film - Cannes". cinema-francais.fr (in Frans). Besoek op 6 Junie 2017.
  3. "Opening of the 1959 festival". fresques.ina.fr. Besoek op 25 Mei 2017.
  4. "Shock: Cannes 1959". ina.fr. Besoek op 25 Mei 2017.
  5. "Cannes Film Festival history". sfgate.com. Besoek op 25 Mei 2017.
  6. "1952-1959: Celebrities, politics and the film world / "The 400 Blows"". fresques.ina.fr. Besoek op 6 Julie 2017.
  7. "Awards 1959: All Awards". festival-cannes.fr. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 December 2013.
  8. "1959 - Le Jury, Les Prix". cannes-fest.com (in French). Besoek op 5 July 2017.AS1-onderhoud: Onbekende taal (link)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]