Plant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Flora)
Spring na: navigasie, soek
Plante
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
(klade): Archaeplastida
Koninkryk: Plantae
Haeckel, 1866[1]
Adiantum pedatum ('n varing)

Plante is een van die koninkryke van lewende organismes (ongeveer 300 000 spesies), wat insluit organismes soos bome, blomme, kruie, en varings. Aristoteles het alle lewende dinge ingedeel tussen "plante", wat gewoonlik nie beweeg of orgaansintuie het nie, en "diere" wat wel beweeg en oë en ore het. Joseph Priestley het 21 eeue later die rol van plante by die asemhaling en die uitwisseling van die gasse suurstof en koolstofdioksied bestudeer. Dit is sedert hom duidelik dat plante se belangrikste kenmerk is dat hulle vermag die energie van sonlig vir fotosintese te benut.[2] Plante was nogtans nie die eerste organismes wat dit vermag het. Dit was die sianobakterieë, wat soms —effens ontereg— blougroen "alge" genoem word. Plante het uit 'n simbiose van 'n eukariotiese sel met 'n aan die sianobakterieë verwante organisme ontstaan. Hierdie fotosintetiese organisme het 'n organel van die plant se sel geword wat die chloroplas genoem word. Die meeste plante vandag het chloroplaste en vermag fotosintese; hierdie proses het die planeet baie verander omdat dit suurstof vrystel. In die Neoproterosoïkum het deur hierdie proses die atmosfeer se suurstofgehalte gestyg van net 0,1% aan die begin van die Tonium tot amper die huidige waarde aan die eind van die Ediacarium. Dit het die aarde vir visse, skilpaaie, olifante en mense bewoonbaar gemaak. Alle energie wat ons mense uit ons voedsel verkry gaan terug op die plante se fotosintese.

Kladogram[wysig | wysig bron]

Die oudste plante was groen alge wat in water voorkom. Hulle het later (omtrent 475 mj gelede) die land gekoloniseer en daar heelparty groepe gevorm. [3]

'n Eenvoudige kladogram daarvan is:

Viridiplantae

Groenalge


landplante

lewermosse (Hepaticophyta)




horingblad (Anthoceratophyta)




mosse (Bryophyta)




wolfskloue (Lycophyta)


vaatplante

varings (Pteropsida)


saadplante

naaksadiges



bedeksadiges









Die monofiletiese koninkryk van groenalge+hoër plante word Viridiplantae genoem ("groen plante") om dit te onderskei van die ou (polifiletiese) koninkryk "Plantae" wat ook die swamme en baie bakterieë bevat het.

Ander koninkryke[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Haeckel G (1866). Generale Morphologie der Organismen. Berlin: Verlag von Georg Reimer. p. vol.1: i–xxxii, 1–574, pls I–II; vol. 2: i–clx, 1–462, pls I–VIII. 
  2. innominatesociety.
  3. Antranik.org.