Groot Brakrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groot Brakrivier
Great Brak River
The bus journey from George to Mossel Bay (2998965747).jpg
Ligging van Groot Brakrivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Groot Brakrivier
Groot Brakrivier
 Groot Brakrivier se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°02′33″S 22°13′53″O / 34.04250°S 22.23139°O / -34.04250; 22.23139Koördinate: 34°02′33″S 22°13′53″O / 34.04250°S 22.23139°O / -34.04250; 22.23139
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Eden
Munisipaliteit Mosselbaai
Oppervlak[1]
 - Dorp 22,06 km²  (8,5 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 10 619
 - Digtheid 481/km² (1 245,8/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 5.3%
 • Kleurling 66.8%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 24.6%
 • Ander 2.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 90.8%
 • Engels 5.4%
 • Sotho 1.1%
 • Xhosa 1.1%
 • Ander 1.7%
Poskode (straat) 6525

Groot Brakrivier is 'n dorp tussen George en Mosselbaai in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is by die N2 nasionale pad langs die Groot-Brakrivier.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp Groot Brakrivier het ontstaan toe Charles Searle die kontrak gekry het in 1859 om die eerste tolhek te bedryf wat gebou is om die brug oor die rivier te finansier. Hy het met sy familie na 'n plaas daarnaby getrek en ook 'n winkel geopen. Later het hy en sy familie 'n watermeul, 'n wolwassery, skoen- en stewelfabriek, 'n leerlooiery en 'n houtverwerkingsaanleg opgerig en bestuur. Die skoeisel- en houtverwerkingsaanleg doen nog steeds sake.

'n Plaaslike raad is in 1944 gestig. Dit is in 1975 met 'n volwaardige munisipaliteit vervang.

Wapen[wysig | wysig bron]

Die munisipale raad het in 1985 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer : Gewelfde deursnede, goud en blou, 'n gewelfde swart dwarsbalk belaai met drie besante, vergesel in die skildhoof van 'n uitkomende rooi toring en in die skildvoet van drie silwer streepbalke. Die helmteken was 'n denneboom, en die wapenspreuk "Arte et animo".[2]

Die Groot-Brakrivier[wysig | wysig bron]

Die Groot-Brakrivier ontspring in die Outeniekwaberge en vloei slegs 20 km na die Indiese Oseaan. Die naam is afgelei omrede die laaste gedeelte van die rivier getygebonde is en die water dus sout is.

Die voertuig registrasie nommer in Groot Brak is CBS

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]