Nissan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nissan Motor Co., Ltd.
Nissan logo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 26 Desember 1933
Hoofkantoor Nishi-ku, Jokohama,Japan
Sleutelpersone Carlos Ghosn (Voorsitter, president en hoof uitvoerende beampte)
Toshiyuki Shiga (Visevoorsitter)
Hiroto Saikawa (Uitvoerende vise-president)
Philippe Klein (Uitvoerende vise-president)
Trevor Mann (Uitvoerende vise-president)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Motorvervaardiger
Finansiële dienste
Produkte Motors, luukse voertuie, kommersiële voertuie, buiteboordmotors, vurkhyswaens
Inkomste ¥11,43 triljard
Bedryfsinkomste ¥605,7 miljard
Netto inkomste ¥962,1 miljard
Werknemers 160 530 (2013)
Moedermaatskappy Renault (43,4%)
Divisies Nissan, Infiniti, NISMO, Datsun
Webwerf nissan-global.com
2010 Nissan Altima

Nissan Motor Company Ltd (Japannees: 日産自動車株式会社 Hepburn: Nissan Jidōsha Kabushiki-gaisha), gewoonlik verkort na Nissan, is 'n Japannese multinasionale motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Nishi-ku, Jokohama, Japan.

Sedert 1999 is Nissan deel van die Renault-Nissan Alliansie, 'n vennootskap tussen Nissan en die Franse motorvervaardiger Renault. Renault het 'n 43.4% stemaandeel in Nissan, terwyl Nissan 'n 15% nie-stemgeregtigde belang in Renault besit. Carlos Ghosn dien as uitvoerende hoof van beide maatskappye.

Nissan Motors verkoop sy motorprodukte onder die Nissan, Infiniti, Datsun en NISMO handelsmerke.

Nissan was in 2012 die sesde grootste motorvervaardiger in die wêreld ná Toyota, General Motors, Volkswagen Groep, Hyundai Motormaatskappy en Ford. Saam is die Renault-Nissan Alliansie die wêreld se vierde grootste motorvervaardiger. Nissan is die voorste Japannese merk in Sjina, Rusland en Meksiko.