Noordwes-Kaukasiese tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Noordwes-Kaukasiese tale
Abchaz–Adigies
Ponties
Geografiese
verspreiding:
Kaukasus
Genetiese
klassifikasie
:
Primêre taalfamilie
 Noordwes-Kaukasiese tale
Onderafdelings:
Abazgi
Sirkassies
Oebich
Northwest Caucasian languages map.png

Verspreiding van die Noordwes-Kaukasiese tale. ██ Sirkassies ██ Abazgi ██ Oebich (dooie taal)

Die Noordwes-Kaukasiese, Wes-Kaukasiese of Abchaz–Adigiese tale is ’n taalfamilie wat in die Noordwes-Kaukasiese gebied gepraat word, veral in die Russiese republieke Adygea, Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië, die betwiste gebied Abchasië, in Turkye en deur verstrooide bevolkings in die Midde-Ooste.

Hulle word soms "Pontiese tale" genoem in teenstelling met die naam "Kaspies" vir die Noordoos-Kaukasiese tale.

Saam met die Noordoos-Kaukasiese tale en die Suid-Kaukasiese tale (Kartweliese tale) maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word.