Mongoolse tale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mongoolse tale
Geografiese
verspreiding:
Oos-, Suid- en Wes-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Altaïes (omstrede)
 Mongoolse tale
Onderafdelings:
Sentraal-Mongools
Suid-Mongools
Daur
Moghol (†)
Linguistic map of the Mongolic languages.png

Verspreiding van Mongoolse tale

Die Mongoolse tale is 'n taalfamilie wat uit 15 tale bestaan en deur sowat 7,5 miljoen mense in Oos-, Suid- en Wes-Asië gepraat word. Dié taalfamilie bestaan uit vier groepe, naamlik die Sentraal-Mongoolse en die Suid-Mongoolse tale, asook die tale Daur en Moghol, waarvan die laasgenoemde waarskynlik uitgestorwe is. Soms word die Mongoolse tale ook in ses takke verdeel: Dagoer, Oos-Mongools, Sentraal-Mongools, Moghol, Suid-Mongools en Kitan, waarvan Sentraal-Mongools uitgestorwe is.[1]

Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Mongools (6 miljoen), Kalmikies (360 800) en Boerjaties (329 100). Net in Binne-Mongolië van die Volksrepubliek China word vir die plaaslike Mongoolse taal nog die tradisionele Mongoolse skrif gebruik, terwyl in Mongolië asook vir Boerjaties en Kalmikies in Rusland die Cyrilliese alfabet gebruik word.[2]

Sommige taalkundiges groepeer die Mongoolse tale saam met die Toengoesiese en die Turkse tale, soms nog met die Japannese tale, Koreaans en Ainoe, by die Altaïese tale, hoewel dit algemeen betwis word.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin (2017). “Mongolic”. Glottolog 3.0. Max Planck Institute for the Science of Human History. URL besoek op 25 November 2018.
  2. (en) Minglang, Zhou. In Walter de Gruyter: Multilingualism in China: The Politics of Writing Reforms for Minority Languages 1949–2002. p. 294. 
  3. (en) "The Altaic family controversy – Languages Of The World". Languages Of The World. 16 Februarie 2011. Besoek op 25 November 2018. 

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (en) Janhunen, Juha (2006). “Mongolic languages”, The encyclopedia of language & linguistics. Elsevier. p. 231–234. 
  • (en) Janhunen, Juha (2003). The Mongolic languages, Routledge Language Family Series. Routledge. ISBN 0-7007-1133-3. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]