Olga Tokarczuk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Olga Tokarczuk
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Olga Tokarczuk in 2018

Geboortenaam Olga Nawoja Tokarczuk
Gebore 29 Januarie 1962
Sulechów, Pole
Nasionaliteit Vlag van Pole Pole
Beroep Romanskrywer, sielkundige
Bekend vir Prawiek i inne czasy,
Dom dzienny, dom nocny,
Gra na wielu bębenkach,
Bieguni,
Księgi Jakubowe
Eerbewyse Nobelprys vir Letterkunde (2018)
Handtekening Olga Tokarczuk signature.svg

Olga Nawoja Tokarczuk [ɔlga tɔˈkart͡ʂuk] (* 29 Januarie 1962 in Sulechów naby Zielona Góra, Pole) is 'n Poolse sielkundige en skryfster.

Olga Tokarczuk is een van die meesgelese moderne skrywers van die Poolse literatuur beskou. Haar werk het aanklank gevind by sowel kritici asook die leserspubliek en is in die meeste wêreldtale vertaal. Haar romandebuut Podróż ludzi Księgi («Die Reis van die Boekmense»), wat in 1993 verskyn het, is deur die Vereniging van Poolse Uitgewerye as die beste prosadebuut van 1992/93 aangewys. In 2019 is die Nobelprys vir Letterkunde van 2018 aan haar toegeken.

Naas romans het ook kortverhale, essays, reisverhale en liriek uit haar pen gekom. In haar werke, wat nie maklik volgens enige spesifieke genre gekategoriseer kan word nie, verbind Tokarczuk dikwels fantastiese met historiese elemente.

Politieke aktivisme[wysig | wysig bron]

Naas haar skryfwerk het Olga Tokarczuk besluit dat haar rol ook in politieke aktivisme moet wees. Sy neem aktief aan die politieke diskoers in haar geboorteland deel en is 'n kampvegter vir die regte van vroue en seksuele minderhede.

Verfilmings[wysig | wysig bron]

Olga Tokarczuk se roman Prowadź swój pług przez kości umarłych («Die sang van vlermuise»), wat in 2009 gepubliseer is, is deur die Poolse regisseur Agnieszka Holland onder die titel Pokot («Die spoor») verfilm. Die misdaadrolprent, wat oor omgewingsbewaring, dierebeskerming en feminisme handel en dit met 'n mistiese en geheimsinnige handeling verbind, is tydens die Berlynse filmfees Berlinale in Februarie 2017 vertoon en met die Alfred-Bauer-prys bekroon. Die film is daarnaas in dieselfde jaar genomineer vir die Academy Award (Oscar) vir die Beste Buitelandse Rolprent.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Biografieë

Persartikels

Onderhoude