Phoenix-dwergsterrestelsel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Feniks-dwergsterrestelsel
Phoenix Dwarf Hubble WikiSky.jpg
Soort stelsel Dwergsterrestelsel
Sterrebeeld Feniks (Phoenix)
Tipe IAm
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 51m 06,3s
Deklinasie -44º 26' 41"
Skynmagnitude (m) 13,1
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 1,44 miljoen
Skynbare grootte 4′,9 × 4′,1
Rooiverskuiwing 60 ± 30 km/s
Besonderse kenmerke Melkwegsatelliet
Ander name ESO 245- G 007, PGC 6830
Lugkoördinate
01h 51m 06.3s, −44° 26′ 41″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Phoenix-dwergsterrestelsel of PGC 6830 is ’n onreëlmatige satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Feniks. Dit is in 1976 deur Hans-Emil Schuster en Richard Martin West ontdek en aanvanklik aangesien vir ’n bolvormige sterreswerm.[1][2] Dit is tans sowat 1,44 miljoen ligjare van die Son af.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Die Phoenix-dwerg het jong sterre in die middel wat in ’n oos-wes-rigting loop en ouer sterre buite wat noord-suid loop. Dit lyk of die sentrale gebied se tempo van stervorming nog altyd redelik konstant gebly het.[3] In 1999 het St-Germain en ander ’n H I-gebied van sowat 105 sonmassas net wes van Phoenix ontdek wat fisiek gebonde aan die sterrestelsel kan wees as bewys kan word dat hul radiale snelheid dieselfde is.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (05/1976) “A very distant globular cluster?”. Astronomy & Astrophysics 49: 129–131.
  2. (Maart 1977) “A new dwarf irregular galaxy in the constellation Phoenix”. Astrophysical Journal 212 (Letters): L57–L58. doi:10.1086/182374.
  3. Martínez-Delgado et al., 1999
  4. (April 2000) “Updated Information on the Local Group”. The Publications of the Astronomical Society of the Pacific 112 (770): 529–536. doi:10.1086/316548.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]