Roger Federer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Roger Federer
Roger Federer (18953614769).jpg
Roger Federer in 2015
Noemnaam(e) Swiss Maestro[1]
Federer Express
Fed Express
FedEx[2]
Land Vlag van Switserland Switserland
Woonplek Bottmingen, Switserland[3]
Geboortedatum 8 Augustus 1981 (1981-08-08) (37 jaar oud) [4]
Geboorteplek Basel, Switserland[4]
Lengte 1,85 m[4]
Gewig 85 kg[4]
Begin professioneel 1998[4]
Speel Regshandig (eenhandig handrughou)[4]
Loopbaan-wengeld $120 702 428[4] (2de van alle tye)
Amptelike webblad rogerfederer.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 1183–261 (81,93%)[4]
Loopbaantitels 100[4] (2de van die Ope-tydperk)
Hoogste rang No. 1 (2 Februarie 2004)[4]
Huidige rang No. 4 (4 Maart 2019)[4]
Grand Slam uitslae
Australiese Ope W (2004, 2006, 2007, 2010, 2017, 2018)
Franse Ope W (2009)
Wimbledon W (2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2009, 2012, 2017)
VSA Ope W (2004, 2005, 2006, 2007, 2008)
Toereindronde W (2003, 2004, 2006, 2007, 2010, 2011)
Olimpiese Spele Silver medal.svg Silwermedalje (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 129–89 (59,17%)[4]
Loopbaantitels 8[4]
Hoogste rang No. 24 (9 Junie 2003)[4]
Australiese Ope 3R (2003)
Franse Ope 1R (2000)
Wimbledon KE (2000)
VSA Ope 3R (2002)
Olimpiese Spele Gold medal.svg Goudmedalje (2008)
Laaste opgedateer op: 5 Maart 2019.

Roger Federer (gebore 8 Augustus 1981 in Basel, Switserland) is 'n Switserse professionele tennisspeler en tans No. 4 op die wêreldranglys van mans-enkelspel.[4] Baie kenners en tennisspelers glo dat Federer moontlik die beste speler in die geskiedenis van tennis is. Sy ma, Lynette Federer (née Durand), is 'n Suid-Afrikaner en hy besit self ook Suid-Afrikaanse burgerskap.

Roger Federer tydens Australiese Ope in 2014
Roger Federer tydens Australiese Ope in 2010
Roger Federer tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2009

Federer het al 20 Grand Slam-titels gewen tydens mans-enkelspeltoernooie (hy het al aan 74 deelgeneem), die meeste in geskiedenis vir 'n mans tennisspeler. Hy het ook al ses "Tennis Masters Cup"-titels en 27 "ATP Masters Series"-titels gewen. In 2004 het Federer die eerste speler sedert Mats Wilander geword wat drie van die vier Grand Slam-enkelspeltoernooie in dieselfde jaar gewen het: die Australiese Ope, die Wimbledon-kampioenskappe en die Amerikaanse Ope.

Federer het die ATP nommer 1 posisie vir 'n rekord 310 weke beklee. Hy het ook vanaf 2 Februarie 2004 tot 17 Augustus 2008 die Wêreld Nr. 1-posisie, vir 'n rekord van 237 agtereenvolgende weke beklee. Op 8 Julie 2007 het Federer Björn Borg se rekord van vyf agtereenvolgende seges by Wimbledon geëwenaar.

Loopbaan in 2010[wysig | wysig bron]

Federer wen in drie stelle teen Andy Murray in die Australiese Ope. Die eindtelling was 6–3, 6–4, 7–6(11). Met dié wen verower hy sy 16de Grand Slam titel.

Grand Slam-rekord[wysig | wysig bron]

Die tabel toon Federer se prestasie in elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkelspel waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
1999 Nie gekwalifiseer nie Rondte 1 Rondte 1 Nie gekwalifiseer nie
2000 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 3
2001 Rondte 3 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Rondte 3
2002 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 4
2003 Rondte 4 Rondte 1 Wenner Rondte 4
2004 Wenner Rondte 3 Wenner Wenner
2005 Halfeindstryd Halfeindstryd Wenner Wenner
2006 Wenner Eindstryd Wenner Wenner
2007 Wenner Eindstryd Wenner Wenner
2008 Halfeindstryd Eindstryd Eindstryd Wenner
2009 Eindstryd Wenner Wenner Eindstryd
2010 Wenner Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd
2011 Halfeindstryd Eindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd
2012 Halfeindstryd Halfeindstryd Wenner Kwarteindstryd
2013 Halfeindstryd Kwarteindstryd Rondte 2 Rondte 4
2014 Halfeindstryd Rondte 4 Eindstryd Halfeindstryd
2015 Rondte 3 Kwarteindstryd Eindstryd Eindstryd
2016 Halfeindstryd Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Nie deelgeneem nie
2017 Wenner Nie deelgeneem nie Wenner Kwarteindstryd
2018 Wenner Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Rondte 4
2019 Rondte 4

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Sean Gregory (29 Januarie 2018). "Five Ways to Beat Roger Federer". TIME. Besoek op 28 Januarie 2019. 
  2. (en) John Roberts (12 September 2004). "The Federer express runs over Henman". The Independent. Besoek op 18 Junie 2009. 
  3. (en) Roland-Garros 2014 – Roger Federer”. URL besoek op 11 September 2017.
  4. 4,00 4,01 4,02 4,03 4,04 4,05 4,06 4,07 4,08 4,09 4,10 4,11 4,12 4,13 4,14 (en) Player profile – Roger Federer”. ATP World Tour. URL besoek op 28 Januarie 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]