Vlag van die Madeiraeilande
Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 28 Julie 1978 |
Ontwerp | ’n Vertikale tweekleur in blou, geel en blou met die Kruis van Christus in die middel van die geel baan. |
Die vlag van die Madeira-eilande, ’n eilandgroep onder Portugese beheer, is op 28 Julie 1978 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale tweekleur in drie ewe breë bane (vanaf die vlagpaalkant) in blou, geel en blou met die Kruis van Christus in die geel baan.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Die blou op die vlag simboliseer die Atlantiese oseaan waarin die eilandgroep geleë is en die geel baan simboliseer die gunstige klimaat wat welvaart tot gevolg gehad het. Die kruis herinner aan twee kapteins van prins Hendrik die Seevaarder, wie lede van die Orde van Christus was. In 1419 het die kapteins op een van die eilande gestrand en het uit dankbaarheid daardie eiland Porto Santo (“Heilige Hawe”) genoem. Die jaar daarna is ’n ekspedisie gestuur om die eilandgroep te bevolk en onder Portugese gesag te bring.
Ander vlae
[wysig | wysig bron]-
Die vlag van die bevrydingsbeweging FLAMA waarop die vlag van die Madeira-eilande gebaseer is
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Madeira by Flags of the World.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Madeiraeilande. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |