Vlag van Mauritius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vlag van Mauritius
Vlag van  Mauritius
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 12 Maart 1968
Ontwerp ’n Horisontale vierkleur met rooi blou geel en groen.
Wisselvormvlag van  Mauritius
Gebruik Burgerlike vaandel Burgerlike vaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Rooi vlag met die wapenskild op die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van  Mauritius
Gebruik Staatsvaandel Staatsvaandel
Verhouding 1:2
Ontwerp ’n Blou vlag met die wapenskild op die wapperkant en die nasionale vlag in die skildhoek.
Wisselvormvlag van  Mauritius
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 26:57
Ontwerp ’n Vlag met rooi, wit en blou ongelyke vertikale bane met ’n ster en anker/sleutel in die middel.

Die nasionale vlag van Mauritius is op 12 Maart 1968 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale vierkleur met ewe wye bane in (van bo na onder) rooi, blou, geel en groen.

Simboliek[wysig]

Die vier bane van die vlag stel elk die volgende voor: rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid, blou stel die Indiese Oseaan voor (Mauritius is geleë in die Indiese Oseaan), geel stel die nuwe lig van onafhanklikheid voor wat oor die eiland skyn asook die goue sonskyn en groen stel die welige plantegroei van die eiland voor.

Ontwerp[wysig]

Die huidige vlag is op 12 Maart 1968 aanvaar toe Mauritius onafhanklikheid van Brittanje verkry het. Die kleure van die vlag is afkomstig van die wapenskild van Mauritius, wat deur Koning Edward VII in 1906 aan Mauritius toegeken is.

Geskiedkundige vlae[wysig]

Ander vlae[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Vlae van Mauritius (kategorie)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.