Vlag van die Comore-eilande
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 7 Januarie 2002 |
Ontwerp | ’n Groen driehoek teen die vlagpaal met ’n halfmaan en vier sterre met vier bane in geel, wit, rooi en blou aan die wapperkant. |
Die nasionale vlag van die Comore-eilande is op 7 Januarie 2002 amptelik in gebruik geneem. Die huidige vlag is in 2001 ontwerp. Die ontwerp vertoon ’n wit Turkse maan met vier vyfpuntige sterre binne ’n groen driehoek aan die vlagpaalkant van die vlag. Die vier bane aan die wapperkant is van bo na onder geel, wit, rooi en blou.
Simboliek
[wysig | wysig bron]Sowel die sterre as die horisontale bane van die vlag stel die vier eilande van die argipel voor; geel stel Mohéli voor, wit stel Mayotte voor, rooi stel Anjouan voor en blou stel Grande Comore voor. Daar moet ook genoem word dat Mayotte ’n Franse deelgebied is en tegnies nie tot die Comoros hoort nie hoewel die Comoros wel aanspraak op die eiland kan maak.
Die ster en sekelmaan verteenwoordig Islam, die grootste geloof van die eilandgroep, en die groen driehoek verteenwoordig die federasie (en kan ook Islam verteenwoordig).
Ontwerp
[wysig | wysig bron]Die kleurskema word hieronder gelys:
Kleurskema | Groen | Geel | Wit | Rooi | Blou | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Pantone | 262 | 123 | Veilig | 186 | 285 | |||||
RGB-kleursisteem | 61-142-51 | 255-198-30 | 255-255-255 | 206-17-38 | 58-117-196 | |||||
CMYK | C57-M0-Y54-K44 | C0-M22-Y88-K0 | C0-M0-Y0-K0 | C0-M92-Y82-K15 | C70-M40-Y0-K23 | |||||
Heksadesimaal | #3D8E33 | #FFC61E | #FFFFFF | #CE1126 | #3A75C4 |
Ander vlae
[wysig | wysig bron]-
Vlag van die Staat van Comoros onder die Ali Soilih Regime, Januarie 1976 tot Mei 1978
Vlae van die outonome eilande
[wysig | wysig bron]-
Vlag van Grande Comore
-
Vlag van Anjouan, 1997 tot 2012
-
Vlag van Mohéli, 2002 tot 2003
-
Plaaslike vlag van Mayotte (Amptelik onder bestuur van Frankryk)
Soortgelyke vlae
[wysig | wysig bron]-
Vlag van die Ottomaanse Ryk (1844–1923)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van die Comoro-eilande. |
- (en) Comore-eilande by Flags of the World
- (en) "Flag of Comoros". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2019.