Aboe Dhabi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aboe Dhabi
أبوظبي Abū Ẓaby
Abu Dhabi Corniche Skyline.jpg
Official Vlag van Aboe Dhabi
Vlag
Ligging van Aboe Dhabi in die VAE
Ligging van Aboe Dhabi in die VAE
Koördinate: 24°28′00″N 54°22′00″O
Land Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
Emiraat Aboe Dhabi
Stigting
Oppervlak
 - Stad 972,45 km²  (375,5 vk m)
Bevolking (2013)
 - Stad 921 000
Tydsone VAE-standaardtyd (UTC+4:00)
Poskode
Webwerf: http://www.abudhabi.ae

Aboe Dhabi (ook Abu Dhabi) (Arabies: أبوظبي) is die hoofstad van die gelyknamige emiraat en die tweede grootste stad van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ná Doebai met meer as een miljoen inwoners.

Aboe Dhabi, wat op 'n eiland in die Persiese Golf geleë is en ook as regeringsetel van die VAE dien, was oorspronklik 'n klein Bedoeïne- en vissersdorpie en tot in die 1930's 'n sentrum van die pêrelhandel. Eers met die ontdekking van olievelde in die laat 1950's het die stad 'n ongekende ekonomiese opswaai beleef. Vandag is Aboe Dhabi 'n moderne stad waar miljarde in eiendomsprojekte belê word.

Aboe Dhabi is 'n belangrike vervoerspilpunt vir die hele federasie. Mina Zayed, 'n groot seehawe met houerterminale wat vanaf 1987 ontstaan het, is in die noordooste van die eiland geleë, terwyl Aboe Dhabi se internasionale lughawe naas Doebai tot 'n leidende nasionale en internasionale lugspilpunt ontwikkel het.