Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1981

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Leier van die Opposisie
Politici
Politieke partye
Grondwetlike Hof
Appèlhof
Hoër Hof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1981 het op 28 Januarie 1981 plaasgevind. Die Nasionale Party onder Eerste Minister P.W. Botha het weer 'n oorweldige oorwinning behaal.

Botha het die verkiesing vroeg aangekondig te rede van die stryd tussen die sogenaamde "verligtes" ("verligte konserwatiewe" onder die leiding van Botha) en die "verkramptes" (konserwatiewe onder die leiding van Andries Treurnicht) binne die regerende Nasionale Party oor die hervorming van die regering[1].

Die NP het 131 van die 165 setels gewen. Die ultrakonserwatiewe Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het sterk vertoon en 14,09% van die stemme behaal, maar kon weer nie slaag om 'n setel te wen nie. De opposisie Progressiewe Federale Party van Frederik van Zyl Slabbert, sterk gekant teen apartheid, het sy aantal setels van 17 tot 26 opgestoot. Die Nuwe Republiek Party het verder teruggeval, en het 2 setels verloor.

Uitslag[wysig]

Party Leier  % Setels Verskil
Nasionale Party Pieter Willem Botha 56,96% 131 -3
Progressiewe Federale Party Frederik van Zyl Slabbert 19.44% 26 +9
Herstigte Nasionale Party Jaap Marais 14.09% 0 -
Nuwe Republiek Party Vause Raw 7,82% 8 -2
Andere 1,68% 0 -1
Totaal 100% 165 -

Verwysings[wysig]

  1. Winkler Prins Encyclopedisch Jaarboek 1982, door: red. Winkler Prins, blz. 337