Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Leier van die Opposisie
Politici
Politieke partye
Grondwetlike Hof
Appèlhof
Hoër Hof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984 het in Augustus 1984 in Suid-Afrika plaasgevind om Kleurling- en Indiër-verteenwoordigers vir hulle onderskeie huise in die driekamerparlement te kies. Dit volg na die Suid-Afrikaanse referendum van 1983 waartydens Blanke kiesers met 'n twee-derde meerderheid ten gunste van die instelling van 'n driekamerparlement gestem het.

Verloop[wysig]

Die verkiesing van bruinmense vir die Huis van Verteenwoordigers het op 22 Augustus plaasgevind. Die Arbeidersparty onder leiding van eerwaarde Allan Hendrickse wen die verkiesing en palm 76 van die 80 setels in.

Die verkiesing van Indiërs vir die Huis van Afgevaardigdes is op 28 Augustus gehou. Die "National People's Party" verower 18 van die 40 setels.[1] Die verkiesing is deur die "United Democratic Front" geopponeer en is deur boikotte en protesaksie gekenmerk.[1]

Na afloop van die verkiesing reik die Verenigde Nasies resolusie 554 van 1984 uit wat die verkiesing as onregverdig en ongeldig bestempel, omdat dit die Blanke minderheidsregering in stand hou. Ander het dit weer as 'n belangrike stap in die proses van demokratisering van die Suid-Afrikaanse samelewing beskou.

Resultate[wysig]

Huis van Verteenwoordigers[wysig]

Party Stemme % Setels
Arbeidersparty 76
People's Congress Party 2
Freedom Party 1
Onafhanklikes 1
Bedorwe/blanko stemme
Totaal 80
Geregistreer/stempersentasie 30.9
Bron: African Elections Database

Huis van Afgevaardigdes[wysig]

Party Stemme % Setels
National People's Party 18
Solidarity 17
Progressive Independent Party 1
Onafhanklikes 4
Bedorwe/blanko stemme
Totaal 40
Geregistreer/stempersentasie 16.2
Bron: African Elections Database

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 (en) Elections in South Africa, African Elections Database