Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1929

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Leier van die Opposisie
Politici
Politieke partye
Grondwetlike Hof
Appèlhof
Hoër Hof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1929 het op 14 Junie 1929 plaasgevind. Tydens die verkiesing is 148 verteenwoordigers vir die Volksraad van die Unie van Suid-Afrika verkies. Die Nasionale Party onder leiding van generaal Barry Hertzog wen die verkiesing met 'n volstrekte meerderheid. Samewerking tussen die Nasionale Party en die Arbeidersparty in die Pakt-regering word egter voortgesit en twee ministers word uit die Arbeidersparty aangestel.

Weens 'n skeuring in die Arbeidersparty is slegs agt van hulle politici vir die parlement verkies, waarvan slegs 4 in die regering gedien het.[1]

Afbakening van kiesafdelings[wysig]

Die Suid-Afrika-wet van 1909 maak voorsiening vir 'n Afbakeningskommissie om die grense van die kiesafdelings te definieer. Die verteenwoordiging per provinsie, onder die vyfde verslag van 1928, word in die tabel hieronder uiteengesit. Die syfers in hakies is die aantal kiesafdelings in die vorige (1923) afbakening. As daar geen syfer tussen hakies is nie, het die aantal onveranderd gebly.[2]

Provinsies Kaap Natal Oranje-Vrystaat Transvaal Totaal
Kiesafdelings 58 (51) 17 18 (17) 55 (50) 148 (135)

Uitslag[wysig]

Daar was 461 820 geregistreerde kiesers, waarvan 347 924 gestem het. Daar is nie 'n amptelike syfer vir die aantal bedorwe stemme bekend nie.[3]

Party Setels[4] Setels % Stemme[5] Stem % Leier
Nasionale Party 78 52.70 141,579 41.16 J. B. M. Hertzog
Suid-Afrikaanse Party 61 41.22 159,896 46.51 Jan Smuts
Arbeidersparty 8 5.41 33,919 9.86 Betwis [6]
Onafhanklikes 1 0.68 8,503 2.47 -
Totaal 148

Verwysings[wysig]

  1. The South African Constitution, bladsy 135
  2. South Africa 1982, bladsy 129
  3. South Africa 1982, bladsy 176
  4. South Africa 1982, bladsy 174 (setels per party)
  5. South Africa 1982, bladsy 176 (stemme per party)
  6. Weens 'n skeuring in die party was daar 'n leierskapstwis tussen F. H. P. Creswell en Walter Madeley