Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1921

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Leier van die Opposisie
Politici
Politieke partye
Grondwetlike Hof
Appèlhof
Hoër Hof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1921 het op 8 Februarie 1921 plaasgevind. Die verkiesing was noodsaaklik na die toetreding van die Engelstalige Unionisteparty uit die kabinet van Jan Smuts. Die kombinasie van die Suid-Afrikaanse Party en die Unionisteparty (SAP-UP) het 79 setels gewen en was die grootste party. Die Afrikaner-nationalistiese Nasionale Party het ook een meer setel gewen, en 45 in totaal gewen. Die grootse verliese was deur die Arbeidersparty (-12) en onafhanklikes (-2). Smuts het dus 'n nuwe kabinet gevorm.

Uitslag[wysig]

Party  % Setels
Suid-Afrikaanse Party-Unionisteparty 48,7% 79
Nasionale Party 36,8% 45
Arbeidersparty 13,8% 9
Onafhanklikes 1,2% 1
Totaal 100% 134

Nasleep[wysig]

Die staking van blanke mynwerkers in die Witwatersrand in 1922 het die regering ernstig gediskrediteer, en die Nasionale Party en Arbeidersparty het sterk ondersteuning van armblankes gewen. Een van die leiers van die opposisie Nasionale Party, Tielman Roos, het kontak gemaak met F.H.P. Cresswell, die leier van die Arbeidersparty en onderhandelinge begin wat uiteindelik gelei het tot 'n koalisie tussen die Arbeidersparty en die Nasionale Party, die sogenaamde Pakt-regering.