Fikile Mbalula

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fikile Mbalula

Minister van Sport en Ontspanning
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
1 November 2010
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Makhenkesi Stofile

Persoonlike besonderhede
Geboorte 4 Augustus 1971

Fikile Mbalula (gebore 4 Augustus 1971) is die Suid-Afrikaanse Minister van Sport en Ontspanning. Hy is 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK). Mbalula het vantevore as die Adjunkminister van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedien en is 'n voormalige president en sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga.[1]

Loopbaan[wysig]

Mbalula is in Mei 2009 as die adjunkminister van polisie in die kabinet van Jacob Zuma aangestel en is tans die minister van sport en ontspanning nadat pres. Zuma sy kabinet geskommel het.[2] Hy is aangestel na steunwerwing van die ANC-jeugliga[3][4] en, volgens media spekulasie, moontlik ook as 'n beloning vir sy lojaliteit teenoor Zuma.[5]

Tydens die algemene verkiesing van 2009 was hy die bestuurder van die ANC se verkiesingsveldtog, wat as hoogs suksesvol beskou is.[6]

Mbalula is in Desember 2007 tot die se ANC-NUK verkies by die party se Polokwane-konferensie. Volgens stemme behaal hy die 15de plek.[7] Daarna het hy uitgetree as die president van die ANC-jeugliga. Hy was 36 jaar oud en kon volgens ouderdom nie meer 'n lid van die jeugliga wees nie.[8]

Mbalula is in Augustus 2004 tot president van die ANC-jeugliga verkies, nadat hy voorheen die pos van sekretaris-generaal beklee het[9]

Hy word beskou as die persoon wat president Thabo Mbeki in die posisie help plaas het, en wat uiteindelik verantwoordelik was vir Mbeki se afsetting as hoof van die ANC[10] Sy ondersteuning is ook al beskryf as die sleutel tot Zuma se presidentskap.[11]

Hy het die kandidatuur van Julius Malema as sy opvolger as president van die Jeugliga ondersteun, wat beskou is as 'n skuif om die Jeugliga se steun vir Zuma te verseker.[12]

Verwysings[wysig]