Adelaide, Oos-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Adelaide
Ligging van Adelaide op 'n kaart (Oos-Kaap)
Adelaide
Adelaide
Koördinate: 32°42′0″S 26°18′0″O Koördinate: 32°42′0″S 26°18′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distriksmunisipaliteit Amathole
Plaaslike Munisipaliteit Nxuba
Stigting 1834
Oppervlak
 - Sensusgebied 40,0 km²  (15,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Sensusgebied 12 191
 - Digtheid 300/km² (777/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 5760
Skakelkode(s) 046
Die kerkgebou van die NG gemeente Adelaide.

Adelaide is 'n dorp in Oos-Kaap en die setel van die Nxuba Munisipaliteit. Adelaide lê aan die suidelike voet van die Winterberge op die oewer van die Koonaprivier, 37 km wes van Fort Beaufort.

Geskiedenis[wysig]

Dit was oorspronklik 'n militêre pos wat genoem is na die vrou van die Britse koning William IV. Die dorp is in 1834 gestig, maar die gemeente van die NG Kerk het eers in 1890 afgestig van die moedergemeente Glen Lynden. Die Ons Erfenis-museum dateer uit die jaar 1855 en huisves meubilering, tradisionele kleredrag en ander voorwerpe uit die 19de eeu. Die meuseum is in Queenstraat geleë en het pragtige groot tuine in 'n parklandskap wat tot by die rivier strek.

Plekke van belang[wysig]

  • Adelaide Provinsiale Hospitaal (en)
  • Adelaide Gimnasium (Hoërskool)
  • Adelaide Gholfklub
  • Lingelethu (voorheen Swartwoonbuurt)
  • Bezuidenhoutville (voorheen Kleurlingwoonbuurt)

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 500 km2 groot. Adelaide is 'n belangrike sentrum van die skaapteelt. Bees-, wildsvleis en sitrusvrugte is ook belangrike produkte.

Drie riviere vloei rondom die dorp: die Koonaprivier, Cowierivier en Kaalhoekrivier.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Som van die hoofplekke Adelaide en Lingelethu tydens die 2011-sensus.

Eksterne skakels[wysig]