African Independent Congress

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
African Independent Congress
AIC
Leier Mandla Galo
Gestig 12 Desember 2005
Hoofkwartier Matatiele
Internasionale affiliasie Geen
Amptelike kleure Swart, groen, goud
Webblad aic.org.za

Die African Independent Congress (AIC) is 'n klein politieke party in Suid-Afrika.

Die party is op 12 Desember 2005 in Matatiele gestig in protes teen die ANC se besluit om die dorp by die Oos-Kaap in plaas van KwaZulu-Natal in te lyf.[1] Hulle ag hulself as "slagoffers van politieke manipulasie" en beskou die ANC as arrogant. Hulle is gekant teen 'n een party staat, waar 'n regerende party besluite kan neem wat die hele land beïnvloed.

Hulle het 10 setels in die Matatiele-munisipaliteit tydens die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2006 gewen, 1 setel in die Oos-Kaap in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009 en sewe setels in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011.[2]

Tydens die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 kry die AIC 97 389 stemme (0.53% van die totaal) wat die party 2 setels in die Nasionale Vergadering besorg terwyl hulle hul setel in die Oos-Kaap behou. Die party se naam het direk bo die ANC se naam op die nasionale stembrief verskyn. Hulle kenteken lyk ook baie soos die van die ANC. Dit het bespiegelinge laat ontstaan dat sommige kiesers die twee partye met mekaar verwar het, wat tot die buitengewone prestasie op nasionale vlak aanleiding kon gee. Die AIC het die bewering verwerp en gesê dat hulle lede in al die provinsies het.[3]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. SAUK-nuus, 18 Maart 2009
  2. Rise against incompetent leaders: AIC”. Independent Online. URL besoek op 15 Julie 2012.
  3. AIC ontken hy het ANC-stemme gekry, Maroelamedia, besoek op 10 Mei 2014

Eksterne skakels[wysig]