Golf van Lion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Strandmeer langs die Golf van Lion

Die Golf van Lion (Frans: Golfe du Lion) is 'n baai langs die Mediterreense kuslyn van Suid-Frankryk. Die golf strek oor die kuslyne van die geweste Languedoc-Roussillon en Provence, van die Frans-Spaanse grensgebied in Katalonië in die weste tot by die hawestad Toulon in die ooste. 'n Groot deel van die kusgebiede word deur strandmere en soutvleie oorheers. Naas die Rhône mond ook 'n aantal kleiner riviere soos die Tech, Têt, Aude, Orb, Hérault en Vidourle in die Golf van Lion uit.

Die gebied van die golf staan bekend vir sy koue Mistralwind.

Die kontinentale plaat van Europa word hier as 'n uitgestrekte kusvlakte sigbaar, wat hier digby die kuslyn met 'n skerp afwaartse helling teen die vlaktes van die Mediterreense bekken begin daal.

Ekonomie[wysig]

Marseille en Toulon is die belangrikste hawens langs die Golf van Lion. Die visvangs langs die kus steun veral op die stokvis (Merluccius merluccius), tog het die visbronne intussen uitgeput geraak.

Eksterne skakels[wysig]