Graskop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Graskop
God's Window met sy pragtige uitsig is een van talle toeristetrekpleisters in die nabye omgewing van Graskop.
God's Window met sy pragtige uitsig is een van talle toeristetrekpleisters in die nabye omgewing van Graskop.
Ligging van Graskop op 'n kaart (Mpumalanga)
Graskop
Graskop
Koördinate: 24°56′S 30°50′O Koördinate: 24°56′S 30°50′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Ehlanzeni
Plaaslike Munisipaliteit Thaba Chweu
Stigting 1880
Oppervlak
 - Stad 1,57 km²  (0,6 vk m)
Hoogte 1 400 m (4 593 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 2 326
 - Digtheid 1 500/km² (3 885/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 1270
Webwerf: http://www.graskop.co.za

Graskop is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga. Sabie is 25km suid van Graskop.

Geskiedenis[wysig]

Die dorpie het in 1880 as 'n goudmynkamp ontstaan het, maar intussen tot 'n beduidende sentrum van die bosbedryf ontwikkel het. Die delwerye was op die plaas Graskop van Abel Erasmus. Vandag is al die goudmyne gesluit.

Omgewing[wysig]

Graskop is naby die Drakensberg-platorand geleë en staan ook bekend as die "rand van die Laeveld". Die dorp is deel van die Panoramaroete. Danksy die ligging van sowat 1 400 meter bo seevlak het Graskop 'n gematigde klimaat met baie reënval, terwyl daar gedurende die somermaande ook dikwels mis voorkom. Daar is ook heelwat saagmeulens in die omgewing.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]


Koördinate: 24°56′S 30°50′O