Menslike ontwikkelingsindeks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wêreldkaart wat die Menslike Ontwikkelingsindeks vir 2013 aangee.[1]
██ 0,900 en meer ██ 0,850–0,899 ██ 0,800–0,849 ██ 0,750–0,799 ██ 0,700–0,749 ██ 0,650–0,699 ██ 0,600–0,649 ██ 0,550–0,599 ██ 0,500–0,549 ██ 0,450–0,499 ██ 0,400–0,449 ██ 0,350–0,399 ██ 0,349 en minder ██ sonder data
Wêreldkaart volgens kwartiele van die Menslike Ontwikkelingsindeks in 2013.
██ Baie hoog ██ Laag
██ Hoog ██ sonder data
██ Medium

Die Menslike ontwikkelingsindeks (MOI, Engels: Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita-inkomste gedek word nie.

Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:

  • 'n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte.
  • Kennis, soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers (met twee-derdes gewig) en die gekombineerde primêre, sekondêre, en tersiêre bruto inskrywingsverhouding (met een-derde gewig).
  • 'n Ordentlike lewenstandaard soos gemeet deur die logaritme van bruto binnelandse produk (BBP) per capita teen Koopkragpariteit (KKP) in VSA dollars.

VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3]

'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike Armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land.

2010-verslag[wysig]

Icono de traducción.svg Die taalgebruik van hierdie artikel/hoofstuk moet nagegaan word.
Hierdie artikel/hoofstuk is geskep deur ’n anderstalige gebruiker en moet nagegaan word vir spelling, sinsbou en woordkeuse. Indien die artikel/hoofstuk nie binne die volgende twee weke versorg word nie, mag dit vir verwydering kwalifiseer.


  1. Vlag van Noorweë Noorweë 0.938 ()
  2. Vlag van Australië Australië 0.937 ()
  3. Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 0.907 (Green Arrow Up Darker.svg 17)
  4. Vlag van Verenigde State Verenigde State 0.902 (Green Arrow Up Darker.svg 9)
  5. Vlag van Republiek van Ierland Ierland 0.895 ()
  6. Vlag van Liechtenstein Liechtenstein 0.891 (Green Arrow Up Darker.svg 13)
  7. Vlag van Nederland Nederland 0.890 (Red Arrow Down.svg 1)
  8. Vlag van Kanada Kanada 0.888 (Red Arrow Down.svg 4)
  9. Vlag van Swede Swede 0.885 (Red Arrow Down.svg 2)
  10. Vlag van Duitsland Duitsland 0.885 (Green Arrow Up Darker.svg 12)
  11. Vlag van Japan Japan 0.884 (Red Arrow Down.svg 1)
  12. Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 0.877 (Green Arrow Up Darker.svg 14)
  13. Vlag van Switserland Switserland 0.874 (Red Arrow Down.svg 4)
  14. Vlag van Frankryk Frankryk 0.872 (Red Arrow Down.svg 6)
  1. Vlag van Israel Israel 0.872 (Green Arrow Up Darker.svg 12)
  2. Vlag van Finland Finland 0.871 (Red Arrow Down.svg 4)
  3. Vlag van Ysland Ysland 0.869 (Red Arrow Down.svg 14)
  4. Vlag van België België 0.867 (Red Arrow Down.svg 1)
  5. Vlag van Denemarke Denemarke 0.866 (Red Arrow Down.svg 3)
  6. Vlag van Spanje Spanje 0.863 (Red Arrow Down.svg 5)
  7. Vlag van Hongkong Hong Kong 0.862 (Green Arrow Up Darker.svg 3)
  8. Vlag van Griekeland Griekeland 0.855 (Green Arrow Up Darker.svg 3)
  9. Vlag van Italië Italië 0.854 (Red Arrow Down.svg 5)
  10. Vlag van Luxemburg Luxemburg 0.852 (Red Arrow Down.svg 13)
  11. Vlag van Oostenryk Oostenryk 0.851 (Red Arrow Down.svg 11)
  12. Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 0.849 (Red Arrow Down.svg 5)
  13. Vlag van Singapoer Singapoer 0.846 (Red Arrow Down.svg 5)
  14. Vlag van Tsjeggië Tsjeggiese Republiek 0.841 (Green Arrow Up Darker.svg 8)
  1. Vlag van Slowenië Slowenië 0.828 ()
  2. Vlag van Andorra Andorra 0.824 (Red Arrow Down.svg 2)
  3. Vlag van Slowakye Slowakye 0.818 (Green Arrow Up Darker.svg 11)
  4. Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 0.815 (Green Arrow Up Darker.svg 3)
  5. Vlag van Malta Malta 0.815 (Green Arrow Up Darker.svg 5)
  6. Vlag van Estland Estland 0.812 (Green Arrow Up Darker.svg 6)
  7. Vlag van Siprus Siprus 0.810 (Red Arrow Down.svg 3)
  8. Vlag van Hongarye Hongarye 0.805 (Green Arrow Up Darker.svg 7)
  9. Vlag van Broenei Broenei 0.805 (Red Arrow Down.svg 7)
  10. Vlag van Katar Qatar 0.803 (Red Arrow Down.svg 5)
  11. Vlag van Bahrein Bahrein 0.801 ()
  12. Vlag van Portugal Portugal 0.795 (Red Arrow Down.svg 6)
  13. Vlag van Pole Pole 0.795 ()
  14. Vlag van Barbados Barbados 0.788 (Red Arrow Down.svg 5)

Metodologie[wysig]

MOI-neigings tussen 1975 en 2004

   OECD

   Sentraal- en Oos-Europa, en die CIS

   Latyns-Amerika en die Karibbiese Gebied

   Oos-Asië

   Arabiese State

   Suid-Asië

   Afrika suid van die Sahara

In die algemeen om 'n rou-veranderlike, sê maar x, na 'n eenheidslose indeks om te skakel (wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word), word die volgende formule gebruik:

  • x-index = \frac{x - \min\left(x\right)} {\max\left(x\right)-\min\left(x\right)}

waar \min\left(x\right) en \max\left(x\right) onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike x kan bereik.

Die Menslike Ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse:[4]

  • Lewesnverwagtingindeks = \frac{LW - 25} {85-25}
  • Opvoedingsindeks = \frac{2} {3} \times VGI + \frac{1} {3} \times GEI
    • Volwassegeletterheidsindeks (VGI) = \frac{VGV - 0} {100 - 0}
    • Bruto Inskrywingsindeks (BII) = \frac{GBIV - 0} {100 - 0}
  • BBP Indeks = \frac{\log\left(BBPpc\right) - \log\left(100\right)} {\log\left(40000\right) - \log\left(100\right)}

LW: Lewensverwagting teen geboorte
VGI: Volwassegeletterheidsindeks (ouderdomme 15 en ouer)
GBIV: Gekombineerde bruto inskrywingsverhouding vir primêre, sekondêre en tersiêre opvoeding
BBPpc: BBP per capita teen Koopkragpariteit in VSD

2006-verslag[wysig]

Gekleurde wêreldkaart wat Menslike Ontwikkelingsindeks waardes vir 2004 illustreer

   0,950 en hoër

   0,900–0,949

   0,850–0,899

   0,800–0,849

   0,750–0,799

   0,700–0,749

   0,650–0,699

   0,600–0,649

   0,550–0,599

   0,500–0,549

   0,450–0,499

   0,400–0,449

   0,350–0,399

   0,300–0,349

   onder 0,300

   nie beskikbaar nie

(kleurblindheid aanpasbare kaart)

Die verslag vir 2006 is in Kaapstad, Suid-Afrika, op 9 November 2006 bekendgestel. Die fokus van die verslag was op "mag, armoede en die globale waterkrisis." [5] Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is, dateer uit 2004 of te vore, wat dus 'n indeks vir 2004 verskaf. Nie alle VN-lidlande kies, of is in staat, om die statistiek wat benodig word, te verskaf nie.

Die verslag rapporteer 'n vertraging in wêreldwye Menslike Ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur 'n algemene daling in die ontwikkelende lande. Lande in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag. Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie.

'n Indekswaarde van minder as 0,5 word as verteenwoordigend van lae ontwikkeling gesien. 29 van die 31 lande in die kategorie is in Afrika, die ander twee in die kategorie is Haïti en Jemen. Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Afrika, het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met 'n waarde van 0.653).

'n Waarde van 0,8 of meer word as verteenwoordigend van hoë ontwikkelling gesien. Dit sluit in alle ontwikkelde lande soos die in Noord-Amerika, Wes-Europa, Oseanië, en Oos-Asië, asook sommige van die ontwikkelende lande in Oos-Europa, Sentraal en Suid-Amerika, Suidoos-Asië, die Karibbiese Gebied, en die olieryke Arabiese Skiereiland.

Verwysings[wysig]