Noord-Dakota

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Deelstaat van Noord-Dakota
Vlag van Noord-Dakota Staatseël van Noord-Dakota
Vlag van Noord-Dakota Seël
Bynaam(e): Peace Garden State, Roughrider State, Flickertail State, Norse Dakota, The 701
Kaart van die Verenigde State met Noord-Dakota uitgelig
Amptelike taal(e) Engels
Hoofstad Bismarck
Grootste stad Fargo
Area  19de in die V.S.
 - Totaal 183 272 km2
 - Wydte 340 km
 - Lengte 545 km
 - Water 4 432 km2
 - % water 2,4 %
 - Breedtegraad 45° 56′ N tot 49° 00′ N
 - Lengtegraad 96° 33′ W tot 104° 03′ W
Bevolking  48ste in die V.S.
 - Totaal  672 591
 - Digtheid 3,7/km2
47ste in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt White Butte
1 069 m
 - Gemiddeld 580 m
 - Laagste punt "Red River of the North" by die Manitoba-grens
229 m
Toetrede tot die Unie  2 November 1889 (39ste)
Goewerneur Jack Dalrymple (R)
Luitenant-Goewerneur Drew Wrigley (R)
Wetgewer Noord-Dakota Wetgewende Vergadering
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore John Hoeven (R)
Heidi Heitkamp (D)
Afkortings ND US-ND
Webblad www.nd.gov

Noord-Dakota (Engels: State of North Dakota) in 'n deelstaat in die midweste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Bismarck en die grootste stad is Fargo. Dit is die 19de grootste deelstaat met 'n oppervlakte van 183 272 vierkante kilometer.

Noord-Dakota het 'n bevolking van sowat 672 000 en word in die noorde deur Kanada (provinsies: Saskatchewan en Manitoba), in die ooste deur Minnesota, in die suide deur Suid-Dakota, en in die weste deur Montana begrens. Die staat lê in die Bo-middeweste en in die Groot Vlaktes. Dit het 'n tipiese vastelandsklimaat met warm somers en lang, koue winters.

Die naam "Dakota" is 'n woord uit die Lakota-taal en beteken "ewige vriend."

Noord-Dakota se byname is Peace Garden State, Roughrider State, Flickertail State, The 701 en Norse Dakota (die woord Norse verwys na die groot getalle Skandinawiërs wat hulle in Noord-Dakota gevestig het). Na Noord-Dakota word as Amerika se veiligste deelstaat verwys, selfs al is dit net in die derde plek van die veiligste VSA-deelstate, ná New Hampshire en Maine.

Die middestad van Fargo in 2007
Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State
State AlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrik Distrik van Columbia (Washington, D.C.)
Eilandgebiede Amerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilande BakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake