O.R. Tambo Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
O.R. Tambo Internasionale Lughawe
JohannesburgIntlAirport.jpg
Die O.R. Tambo Internasionale Lughawe Johannesburg
IATA: JNBICAO: FAOR
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Airports Company South Africa
Bedien Johannesburg en Pretoria
Ligging Kemptonpark, Gauteng, Suid-Afrika
Spil vir Airlink
Comair
Interair South Africa
Suid-Afrikaanse Lugdiens
South African Express
Mango
Kulula
In gebruik sedert 1952
Hoogte bo seevlak 5 558 vt / 1 694 m
Koördinate 26°08′21″S 28°14′46″O Koördinate: 26°08′21″S 28°14′46″O
Webtuiste www.acsa.co.za
Landkaart
JNB is geleë in Johannesburg
JNB
Ligging naby Johannesburg
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
03L/21R 4 418 14 495 Teer
03R/21L 3 400 11 155 Teer
Statistieke (2012)
Passasiers 18 794 897
Lugbewegings 203 007
Ekonomiese impak 3,2 miljard[1]
Sosiale impak 128,2 duisend[1]
Bronne: Passasierstatistiek[2]

Die O.R. Tambo Internasionale Lughawe (IATA: JNB, ICAO: FAJS) is 'n reuse lughawe naby Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika en die belangrikste lughawe vir binnelandse en buitelandse vlugte in Suid-Afrika.

Posisie in die Wêreld[wysig]

O.R. Tambo Internasionale Lughawe Johannesburg: inweeg-toonbanke
Airways Park, die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugdiens

Die lughawe is die grootste op die vasteland van Afrika, en het in 2007 tot 19 440 000 reisigers hanteer. In 1996 het Johannesburg se lughawe dié van die Egiptiese hoofstad Kaïro as die besigste op die Afrika-vasteland verbygesteek en is nou een van die eenhonderd besigste lughawens ter wêreld. Teen die jaar 2010 sou dit meer as 21 miljoen passasiers hanteer.

Suid-Afrikaanse Lugdiens[wysig]

Die lughawe is die hooflughawe van die nasionale lugvaartmaatskappy SAL (Suid-Afrikaanse Lugdiens) en 'n aantal kleiner nasionale maatskappye. Die lughawe is in 1952 as "Jan Smuts-lughawe" naby Kemptonpark aan die Oos-Rand gestig en was in die 1970's 'n toetslughawe vir die Frans-Britse supersoniese Concorde-vliegtuig. Tussen 1994 en 2006 staan dit as die Internasionale Lughawe van Johannesburg bekend. Dit word 27 Oktober 2006 na die anti-apartheidsaktivis en stigterslid van die ANC Jeugliga, Oliver Tambo, herdoop.

ACSA[wysig]

Die lughawe word beheer deur ACSA (Airports Company South Africa). ACSA het verskeie opgraderingsprojekte van stapel gestuur om vir die groeiende getal passasiers voorsiening te maak; ondere andere 'n nuwe binnelandse terminaal, opgradering vir die Airbus A380 vliegtuig en baie meer motorparkering.

Gautrein[wysig]

Die lughawe word sedert 2010 deur 'n stasie vir die Gautrein bedien.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 (en) O. R. Tambo International airport - Economic and social impacts”. Ecquants. URL besoek op 15 Mei 2014.
  2. (en) O.R. Tambo Airport Passenger Statistics”. Airports Company South Africa. URL besoek op 15 Mei 2014.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: