Rudolph Straeuli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rudolph Straeuli Sportportaal
Volle naam Rudolph August Wilkens Straeuli
Geboortedatum 20 September 1963 (1963-09-20) (50 jaar oud)
Geboorteplek Pretoria, Suid-Afrika
Lengte 1,9 m
Gewig 109,8 kg
Bynaam Rudi
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Flank
Agsteman
Professionele klubs
Wanderers RVK
korrek op .
Provinsiale/Staatspanne    
1994-1996 Transvaal
korrek op .
Super Rugby Wedst (pte)
1996 Transvaal ()
korrek op .
Nasionale span(ne) Wedst (pte)
1994-1995 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 10 (20)
korrek op .
Spanne afgerig
Junie 2002 - November 2003 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
korrek op .
Ander Inligting
Skool Hoërskool Menlopark
Universiteit Universiteit van Pretoria

Rudolph August Wilkens Straeuli (gebore 20 Augustus 1963 in Pretoria, Suid-Afrika) is 'n rugbyspeler wat in die posisies van flank en agsteman vir die Springbokke gespeel het. Hy het later dieselfde Springbokspan afgerig. Hy het ook vir die Leeus gespeel in die Curriebeker-kompetisie.

Loopbaan as rugbyspeler[wysig]

Straeuli het op 9 Julie 1994 sy debuut vir Suid-Afrika gemaak teen die All Blacks waartydens hy 'n drie gedruk het. Hy het in 10 toetse in totaal gespeel, insluitend in die 1995 Rugby Wêreldbeker. Sy rugbyloopbaan (as speler) eindig op 18 November 1995 teen Engeland op die Twickenham-stadion.

Loopbaan as afrigter[wysig]

Straeuli het nie soveel opslae gemaak as rugbyspeler nie, maar was berug as springbokafrigter. Nadat Harry Viljoen, die vorige afrigter, slegs 53% van sy wedstryde kon wen, was Straeuli deur baie beskou as die persoon wat Suid-Afrikaanse rugby kon regruk, en is op 1 Maart 2002 aangestel as afrigter.

Aan die begin het dinge goed verloop vir Straeuli en hy het sy eerste vier wedstryde gewen met oorwinings oor Walles, 'n 20 punt oorwinning oor Argentinië en 'n oorweldigende 60–18 oorwinning oor Samoa. Maar toe die Springbokke die wêreld se top tien spanne moes aandurf, het dinge ernstig begin skeefloop vir Straueli.

Onder Straeuli het die Springbokke 'n laagtepunt bereik in wêreldbekerrugby met rekordnederlae teen verskeie lande, insluitend:

Deur al die nederlae was Straeuli se kommentaar aan die publiek dat hy nog aan sy span bou, en dat mense hom nie op sy 2003 Rugbywêreldbeker prestasie moet oordeel nie. Maar, toe Suid-Afrika vir die eerste keer ooit in 'n wêreldbekertoernooi nie die kwarteindstryd haal nie, is hy verplig om te bedank nadat inligting oor sy berugte Kamp Staaldraad oefenkamp bekend geword het.

Ter opsomming, Straeuli rig tydens 23 toetse af, maar wen slegs 52% van hulle, 'n slegter rekord as sy voorganger. Dit maak hom die springbokafrigter met die slegste wenrekord ooit in Suid-Afrikaanse geskiedenis, en hy wen slegs twee van sy 17 wedstryde teen die top-ses spanne in die wêreld.

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Harry Viljoen
Springbokafrigters
2002 - 2003
Opgevolg deur:
Jake White