Victor Matfield

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Victor Matfield Sportportaal
Victor Matfield.jpg
Volle naam Victor Matfield
Geboortedatum 11 Mei 1977 (1977-05-11) (36 jaar oud)
Geboorteplek Pietersburg, Suid-Afrika
Lengte 2,00 m
Gewig 108 kg
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Slot
Professionele klubs Wedst (pte)
2007-2008 Vlag van Frankryk FRA Toulon 15 (5)
korrek op 30 November 2011.
Provinsiale/Staatspanne    
1998
1999-2000
2001-2011
Blou Bulle
Griekwas
Blou Bulle
?
?
19
?
?
(15)
korrek op 30 November 2012.
Super Rugby    
1999-2000
2001-2011
Cats
Bulls
8
124
(0)
(40)
korrek op 30 November 2012.
Nasionale span(ne)    
2001-2011 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 110 (35)
korrek op 26 November 2011.
Ander Inligting
Beroep Professionele Rugbyspeler
Skool Pietersburg Hoërskool
Universiteit Universiteit van Pretoria
Eggenote Monja
Kinders 2 dogters, Jaime en Giselle

Victor Matfield (gebore 11 Mei 1977, Pietersburg) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Springbokke, die Bulls (Super 14) en die Blou Bulle (Curriebeker) gespeel het tot sy uittrede in 2011. Hy het ook voorheen vir die Griekwas en die Cats gespeel. Hy is Suid-Afrika se 52ste Springbokkaptein en was kaptein in sewentien toetse.

Victor as jongmens[wysig]

Victor is in Pietersburg gebore; sy ouers is Fai en Hettie Matfield en hy het ook 'n suster, Trudie. Beide sy ouers was onderwysers. Hy het in 'n sporthuis grootgeword en het tennis, rugby, gholf en krieket gespeel. Hy was in Laerskool Pietersburg-Noord, waar hy in graad 7 hoofseun was, en het in 1995 aan die Hoërskool Pietersburg gematrikuleer met drie onderskeidings. Hy word in 1993/4/5 vir die Verre-Noord provinsiale krieketspan gekies en in 1994/5 vir die rugbyspan.

Sy onder-21-dae[wysig]

Na matriek aanvaar hy in 1996 ‘n kontrak van die Blou Bulle en studeer aan die Universiteit van Pretoria. Na sy eerste wedstryd vir Boekenhoutkoshuis se onder-21-span word hy opgeroep om vir Tukkies se onder-21-span uit te draf. In dieselfde jaar word hy vir die Blou Bulle se onder-21-span gekies vir wie hy drie jaar lank speel. In 1997 haal hy die Suid-Afrikaanse onder-21-span en neem deel aan die Suidelike Halfrond onder-21-kampioenskap in Australië. In 1998 speel hy sewe keer vir die Blou Bulle se senior span in die Vodacombeker-reeks. Aan die einde van die seisoen aanvaar hy ‘n kontrak by Griekwas en verhuis na Kimberley.

Griekwas[wysig]

Hy verteenwoordig Griekwas in die Vodacombeker-reeks en Curriebeker-reeks in 1999 en maak ook op 21-jarige ouderdom sy buiging vir die Cats (later die Lions) in die Super 12-reeks. In 2000 speel Victor steeds vir die Griekwas in die twee reekse en verteenwoordig weer die Cats in die Super 12. Hy word gekies vir die Suid-Afrikaanse onder-23-span wat aan 'n Afrika-reeks deelneem. Hy voer ook die Griekwas aan in 'n voorwedstryd teen die SA Barbarians-span op Ellispark waar die Springbokke en die All Blacks kragte meet. Aan die einde van 2000 aanvaar hy weereens 'n aanbod van die Blou Bulle en keer terug na Pretoria.

Springbokloopbaan[wysig]

Aan die einde van 2000 word Victor gekies vir die Springboktoergroep na Argentinië en Brittanje. Hy speel egter slegs vir die weekspan. Op 30 Junie 2001 speel hy in sy eerste toets teen Italië. Hy het al sy toetse as slot gespeel.

Jaar Toetse As Kaptein Toetsdrieë Ander Hoogtepunte
2001 8 0 1
2002 5 0 2
2003 11 0 1
2004 10 0 1 Drienasiekampioen
2005 11 0 0
2006 9 0 0
2007 13 3 0 Wêreldkampioen
2008 13 7 0
2009 12 0 1 Drienasiekampioen
2010 13 5 1
2011 5 2 0
Totaal 110 17 7

Twee toetse was gelykop en agt-en-dertig keer was hy aan die verloorkant.

Op 26 November 2011 maak hy sy laaste internasionale rugbyverskyning toe hy die Britse Barbarians aanvoer teen die Wallabies.

Ander hoogtepunte en pryse[wysig]

Hy was deel van die Bulls spanne wat die Super 14 trofee in 2007, 2009 en 2010 verower het.

Hy was ook deel van die Blou Bulspanne wat drie Curriebekers verower het gedurende 2002, 2004 en 2009.

Gedurende 2009 was in die Springbokspan wat die reeks teen die Britse en Ierse Leeus gewen het.

Loopbaan na rugbyspeler[wysig]

Matfield was gedurende 2012 'n analis en kommentator vir SuperSport. Vanaf 2013 is hy deel van die Blou Bulle se afrigtingspan.

Bron[wysig]

Eksterne Skakels[wysig]