Sesnasies-toernooi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Sesnasie-kampioenskap)
Spring na: navigasie, soek

Die Sesnasies-toernooi[a] is ’n jaarlikse rugbytoernooi tussen ses Europese spanne: Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die kompetisie word geborg deur die Royal Bank of Scotland.

Die Sesnasies is die opvolger van die Vyfnasies-toernooi (1910-31 en 1947-99) wat op sy beurt die opvolger van die Tuisnasies-toernooi (1883-1909 en 1932-1939) is. Die Tuisnasies-toernooi, gespeel tussen spanne van Engeland, Ierland, Skotland en Wallis, was die eerste internasionale rugbytoernooi.[1] Daar word soms nie-amptelik in die media na die wenners van die Sesnasies-toernooi as die Europese of Noordelike Halfrond-kampioene verwys.

Engeland en Wallis hou gesamentlik die rekord vir die meeste volslae toernooititels van die Tuisnasies, Vyfnasies en Sesnasies-toernooie met 26 titels elk. Wallis reken egter sy 12 gedeelde titels teenoor die 10 van Engeland by. Sedert die Sesnasies in 2000 ’n aanvang geneem het, het slegs Italië en Skotland die toernooi nog nie gewen nie. Skotland het wel die laaste toernooi van die Vyfnasies in 1999 gewen.

Formaat[wysig]

Lande wat aan die Sesnasies-toernooi deelneem

Die toernooi word jaarliks gespeel en het ’n eenvoudige formaat: elke span speel een keer teen elk van die ander vyf spanne met die tuisveldvoordeel wat jaarliks omruil tussen die spanne. Spanne kry twee punte vir ’n oorwinning, een vir ’n gelykopuitslag en geen vir ’n verlies. Geen bonuspunte word in hierdie toernooi toegeken nie.

Indien ’n span al sy wedstryde wen, word gesê dat ’n ‘Grand Slam’ behaal is. Enige van die Tuisnasies wat die drie ander Tuisnasies wen behaal die ‘Driekrone’. Hoewel hierdie prestasie lank reeds deel is van die toernooi, is in 2006 vir die eerste keer ’n fisiese Driekrone-trofee toegeken. Geen trofee word toegeken vir die span wat aan die einde van die toernooi laaste geëindig het nie maar daat word gesê dat hulle die Houtlepel gewen het. Sedert die eerste Sesnasies-toernooi in 2000 het slegs Engeland en Ierland nog nie die Houtlepel “gewen” nie. Italië het die meeste Houtlepels in die Sesnasies met toen, maar die ander spanne het weens deelname aan die voorafgaande toernooie meer Houtlepels.

Verskeie individuele kompetisies vind plaas gedurende die verloop van die toernooi. Die oudste hiervan is die Calcuttabeker wat sedert 1879 jaarliks tussen Engeland en Skotland beslis word. Dit word die Calcuttabeker genoem omdat dit gemaak is van gesmelte Indiese Roepees. Sedert 1988 word die Millennium-trofee aan die wenner tussen Engeland en Ierland toegeken en sedert 1989 word die Eeufees-quaich aan die wenner tussen Ierland en Skotland toegeken. Sedert 2007 ding Frankryk en Italië mee om die Giuseppe Garibaldi-trofee; die kompetisie is geskep om die 200ste herdenking van die geboorte van Giuseppe Garibaldi, die Italisaanse held wat Italië help herenig het, te vier. Garibaldi is in 1807 in Nizza (nou Nice), Frankryk, gebore.

Voor 1994 het spanne met dieselfde hoeveelheid ligapunte gesamentlik met die louere weggestap. Sedertdien is bepaal dat die span met ’n peter punteverskil die wenner sal wees. Die toernooireëls stel dit ook dat indien spanne op ligapunte en punteverskil gelyk is, die span wat die meeste drieë gedruk het, moet wen. Indien dieselfde hoeveelheid drieë ook gedruk is word, word al die betrokke spanne as wenner aangewys.[2] Tot op hede was ligapunte en punteverskil egter voldoende op die wenner te bepaal.

Trofeë[wysig]

Toernooitrofee[wysig]

Six Nations Championship and Triple Crown Trophies

Die wenners van die Sesnasies ontvang die Toernooitrofee.[3] Om ’n trofee te gee was oorspronlik die idee van die Graaf van Westmorland en is in 1993 vir die eerste keer oorhandig aan die toernooiwenners, Frankryk. Die trofee is van sterlingsilwer, is ontwerp deur James Brent-Ward en gemaak deur ’n span van agt silwersmede van die firma William Comyns in Londen.

Daar is 15 kantpanele wat die vyftien spelers van ’n rugbyspan voorstel, en drie handvatsels wat die drie beamptes (skeidsregter en twee assistentskeidsregters) voorstel. Die beker het ’n kapasiteit van 3,75 liter – genoeg vir vyf bottels sjampanje. In die mahoniehoutbasisis ’n versteekte laai wat ses alternatiewe kruisblomme bevat – elk ’n silwer replika van die spanembleme – wat op die afneembare deksel vasgeskroef kan word.

Driekrone-trofee[wysig]

Die Driekrone kan slegs deur Engeland, Ierland, Skotland of Wallis gewen word wanneer een van die vier spanne elk van die ander drie wen gedurende die Sesnasies-toernooi. Die eer van die Driekrone is vir jare reeds deel van die toernooi en dateer terug na die oorspronklike Tuisnasies-toernooi. Die fisiese Driekrone-trofee word egter eers slegs sedert 2006 toegeken. Engeland het in 2014 die Driekrone gewen nadat hulle teen Ierland, Skotland en Wallis gewen het.

Vir die toernooi in 2006 het Harry Hooper, hoof van Eksterne Kommunikasie aan die Royal Bank of Scotland (die primêre borg van die toernooi) opdrag gegee aan Hamilton & Inches (wat in Londen en Edinburgh gebaser is) om ’n trofee vir die Driekrone te ontwerp en te skep. Sedertdien is dit drie keer deur Ierland, twee keer deur Wallis en een keer deur Engeland gewen.

Ander trofeë[wysig]

Daar word om verskeie ander trofee deur die loop van die toernooi meegeding, meestal as jarelange wedstryde tussen twee spanne.

Uitslae[wysig]

Algeheel[wysig]

  Flag of England.svg
Engeland
Flag of France.svg
Frankryk
IRFU flag.svg
Ierland
Flag of Italy.svg
Italië
Flag of Scotland.svg
Skotland
Flag of Wales 2.svg
Wallis
Toernooie 118 85 120 15 120 120
Volslae wenner (Gedeelde wenner)
Tuisnasies 5 (4) NVT 4 (4) NVT 9 (2) 7 (4)
Vyfnasies 17 (6) 12 (8) 6 (5) NVT 5 (6) 15 (8)
Sesnasies 4 5 2 0 0 4
Algeheel 26 (10) 17 (8) 12 (9) 0 (0) 14 (8) 26 (12)
Grand Slams
Tuisnasies 0 NVT 0 NVT 0 2
Vyfnasies 11 6 1 NVT 3 6
Sesnasies 1 3 1 0 0 3
Algeheel 12 9 2 0 3 11
Driekrone
Tuisnasies 5 NVT 2 NVT 7 6
Vyfnasies 16 NVT 4 NVT 3 11
Sesnasies 3 NVT 4 NVT 0 3
Algeheel 24 NVT 10 NVT 10 20
Houtlepel
Tuisnasies 11 NVT 15 NVT 8 8
Vyfnasies 14 17 21 NVT 21 12
Sesnasies 0 1 0 10 3 1
Algeheel 25 18 36 10 32 21

Tuisnasies 1883–1909[wysig]

Tuisnasies 1883 - 1909
Jaar Wenner(s) Grand Slam Driekrone Calcuttabeker
1883 Vlag van Engeland Engeland Geen deelname Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1884 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1885 Geen deelname Geen deelname
1886 Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Skotland Skotland - -
1887 Vlag van Skotland Skotland - -
1888 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland, Vlag van Skotland Skotland en Vlag van Wallis Wallis Engeland het nie deelgeneem
1889 Vlag van Skotland Skotland Engeland het nie deelgeneem
1890 Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Skotland Skotland - Vlag van Engeland Engeland
1891 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1892 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1893 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland
1894 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland
1895 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1896 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - Vlag van Skotland Skotland
1897 Geen deelname Geen deelname Vlag van Engeland Engeland
1898 Geen deelname Geen deelname
1899 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland
1900 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis -
1901 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1902 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1903 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1904 Vlag van Skotland Skotland - Vlag van Skotland Skotland
1905 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland
1906 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland en Vlag van Wallis Wallis - Vlag van Engeland Engeland
1907 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1908 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland
1909 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland

Vyfnasies 1910–1931[wysig]

Vyfnasies 1910 - 1931
Jaar Wenner Grand Slam Driekrone Calcuttabeker
1910 Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Engeland Engeland
1911 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1912 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland en Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Skotland Skotland
1913 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1914 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1915-19 Afgestel a.g.v. W.O. I
1920 Vlag van Skotland Skotland, Vlag van Wallis Wallis en Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Engeland Engeland
1921 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1922 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland
1923 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1924 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1925 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1926 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland en Vlag van Skotland Skotland - - Vlag van Skotland Skotland
1927 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland en Vlag van Skotland Skotland - - Vlag van Skotland Skotland
1928 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1929 Vlag van Skotland Skotland - - Vlag van Skotland Skotland
1930 Vlag van Engeland Engeland - - -
1931 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Skotland Skotland

Tuisnasies 1932–1939[wysig]

Tuisnasies 1932 - 1939
Jaar Wenner(2) Grand Slam Driekrone Calcuttabeker
1932 Vlag van Engeland Engeland, Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland en Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland
1933 Vlag van Skotland Skotland - Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1934 Vlag van Engeland Engeland - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1935 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - - Vlag van Skotland Skotland
1936 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland
1937 Vlag van Engeland Engeland - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1938 Vlag van Skotland Skotland - Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1939 Vlag van Engeland Engeland, Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland, Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland

Vyfnasies 1940–1999[wysig]

Vyfnasies 1940 - 1999
Jaar Wenner(s) Grand Slam Driekrone Calcuttabeker Millennium-trofee Eeufees-ketelrjie
1940-46 Afgestel a.g.v. W.O. II
1947 Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland Geen deelname
1948 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland
1949 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Engeland Engeland
1950 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland
1951 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - - Vlag van Engeland Engeland
1952 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1953 Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Engeland Engeland
1954 Vlag van Engeland Engeland, Vlag van Frankryk Frankryk en Vlag van Wallis Wallis - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1955 Vlag van Frankryk Frankryk en Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland
1956 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland
1957 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1958 Vlag van Engeland Engeland - - -
1959 Vlag van Frankryk Frankryk - - -
1960 Vlag van Engeland Engeland en Vlag van Frankryk Frankryk - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1961 Vlag van Frankryk Frankryk - - Vlag van Engeland Engeland
1962 Vlag van Frankryk Frankryk - - -
1963 Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Engeland Engeland
1964 Vlag van Skotland Skotland en Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Skotland Skotland
1965 Vlag van Wallis Wallis - Vlag van Wallis Wallis -
1966 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Skotland Skotland
1967 Vlag van Frankryk Frankryk - - Vlag van Engeland Engeland
1968 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk - Vlag van Engeland Engeland
1969 Vlag van Wallis Wallis - Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1970 Vlag van Frankryk Frankryk en Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Skotland Skotland
1971 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland
1972 Geen deelname Vlag van Skotland Skotland
1973 Vlag van Engeland Engeland, Vlag van Frankryk Frankryk, Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland,
Vlag van Skotland Skotland, Vlag van Wallis Wallis
- - Vlag van Engeland Engeland
1974 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - - Vlag van Skotland Skotland
1975 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland
1976 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland
1977 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1978 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1979 Vlag van Wallis Wallis - Vlag van Wallis Wallis -
1980 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland
1981 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk - Vlag van Engeland Engeland
1982 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland -
1983 Vlag van Frankryk Frankryk en Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - - Vlag van Skotland Skotland
1984 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland
1985 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Engeland Engeland
1986 Vlag van Frankryk Frankryk en Vlag van Skotland Skotland - - Vlag van Skotland Skotland
1987 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk - Vlag van Engeland Engeland
1988 Vlag van Frankryk Frankryk en Vlag van Wallis Wallis - Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland
1989 Vlag van Frankryk Frankryk - - - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1990 Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1991 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1992 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1993 Vlag van Frankryk Frankryk - - Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland
1994 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland -
1995 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1996 Vlag van Engeland Engeland - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1997 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1998 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland
1999 Vlag van Skotland Skotland - - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland

Sesnasies 2000–vandag[wysig]

Sixnasies 2000–huidig
Jaar Wenner Grand Slam Driekroon Calcuttabeker Millennium-
trofee
Eeufees-quaich Giuseppe
Garibaldi-
trofee
2000 Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Skotland Skotland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Geen deelname
2001 Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland
2002 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
2003 Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
2004 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
2005 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
2006 Vlag van Frankryk Frankryk - Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland
2007 Vlag van Frankryk Frankryk - Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Frankryk Frankryk
2008 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Skotland Skotland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Frankryk Frankryk
2009 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Frankryk Frankryk
2010 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Frankryk Frankryk - - Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Frankryk Frankryk
2011 Vlag van Engeland Engeland - - Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Italië Italië
2012 Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Wallis Wallis Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Frankryk Frankryk
2013 Vlag van Wallis Wallis - - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Skotland Skotland Vlag van Italië Italië
2014 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland - Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Vlag van Engeland Engeland Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Frankryk Frankryk

Sesnasies Algehele Uitslae[wysig]

Speel Wen Gelykop Verloor Punte vir Punte teen Punteverskil Drieë Punte Kamp. Grand Slams Driekrone Houtlepel
Vlag van Frankryk Frankryk 75 50 2 23 1899 1324 +575 184 102 5 3 N/A 1
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 75 49 2 24 1833 1393 +440 188 100 2 1 4 0
Vlag van Engeland Engeland 75 51 1 23 2061 1157 +904 214 103 4 1 3 0
Vlag van Wallis Wallis 75 40 2 33 1688 1630 +58 153 82 4 3 3 1
Vlag van Skotland Skotland 75 19 2 54 1183 1872 −689 85 40 0 0 0 3
Vlag van Italië Italië 75 11 1 63 1098 2386 −1288 89 23 0 0 N/A 10

Langste wag op ’n toernooi-oorwinning[wysig]

Italië teen Wallis in 2009
Span Toernooie Jare Seisoen
Vlag van Frankryk Frankryk 24 43 1910-1953
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 24 24 1985–2009
Vlag van Skotland Skotland 19 25 1938–1964
Vlag van Engeland Engeland 16 18 1892–1910
Vlag van Italië Italië 15+ 15+ 2000–vandag
Vlag van Wallis Wallis 11 11 1994–2005

Pas gelede Grand Slam[wysig]

Nasie Aantal Pas gelede Grand Slam
Vlag van Engeland Engeland 12 2003
Vlag van Wallis Wallis 11 2012
Vlag van Frankryk Frankryk 9 2010
Vlag van Skotland Skotland 3 1990 (Vyfnasies, nog nooit ’n Sesnasies Grand Slam behaal nie)
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 2 2009
Vlag van Italië Italië 0 Nooit

Pas gelede Driekrone[wysig]

Nasie Aantal Pas gelede Driekrone
Vlag van Engeland Engeland 24 2014
Vlag van Wallis Wallis 20 2012
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 10 2009
Vlag van Skotland Skotland 10 1990
Vlag van Frankryk Frankryk NVT NVT
Vlag van Italië Italië NVT NVT

Sesnasies-houtlepel[wysig]

Nasie Aantal Jare
Vlag van Italië Italië 10 2000, 2001, 2002, 2005, 2006, 2008, 2009, 2010, 2011, 2014
Vlag van Skotland Skotland 3 2004, 2007, 2012
Vlag van Frankryk Frankryk 1 2013
Vlag van Wallis Wallis 1 2003
Vlag van Engeland Engeland 0
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 0
  • Vetskrif dui daarop dat die span geen wedstryde in daardie jaar gewen het nie

Notas[wysig]

a. ^ Naam van die Sesnasies-toernooi in die tale van die deelnemende lande:

  • (en) Six Nations Championship
  • (fr) Tournoi des six nations
  • (ga) Comórtas na Sé Náisiún
  • (it) Torneo Sei Nazioni
  • (sco) Sax Nations Kemp
  • (gd) Na Sia Nàiseanan
  • (cy) Pencampwriaeth y Chwe Gwlad

Bibliografie[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Godwin (1984), pg 1. Die eerste Tuisnasies Internasionale Toernooi is in 1883 gespeel. Geen ander span van die Noordelike Halfrond het in ’n erkende internasionale wedstryd gespeel totdat Frankryk in 1906 teen Nieu-Seeland gespeel het nie.
  2. (en) Reëls van die RBS Sesnasies-toernooi”. RBS Sesnasies. URL besoek op 24 Februarie 2008.
  3. (en) Sesnasies Toernooitrofeetrust”. RBS 6 Nations. URL besoek op 5 Februarie 2007.
  4. (en) Die Calcuttabeker: die nalatenskap van ’n gestorwe klub”. (PDF) Scottish Rugby. URL besoek op 29 September 2007. [dooie skakel]
  5. (en) Massie, Alan, "Weeklaag oor die droewige afname van die vegtende Iere", The Scotsman, 19 February 2000, p. 31.
  6. (en) Ferrie, Kevin, "Skotland het nou kwaliteit in kwantiteit", The Herald, 22 Maart 1999, p. 1.
  7. (en) Walsh, David, "Skotte uitmekaar geskeur deur Ierse masjien", The Sunday Times, 13 Februarie 2005, p. Sport 2.
  8. (en) Oor ons”. RFU. URL besoek op 29 September 2007.