7de Oscar-toekenningsaand
7de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 27 Februarie 1935 | |
Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles | |
Aanbieder | Irvin S. Cobb | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | It Happened One Night | |
Meeste pryse | It Happened One Night (5) | |
Meeste benoemings | One Night of Love (6) |
Die 7de Oscar-toekenningsaand is op 27 Februarie 1935 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1934. Die aanbieder was Irvin S. Cobb.
Frank Capra se invloedryke romantiese komedie It Happened One Night was die eerste prent wat al vyf toppryse gewen het: beste rolprent, regisseur, akteur, aktrise en verwerkte draaiboek. Dié prestasie sou later herhaal word deur One Flew Over the Cuckoo's Nest in 1976 en The Silence of the Lambs in 1992. Dit was ook die eerste romantiese komedie wat die Oscar vir beste prent gewen het.
Dit is die eerste keer dat pryse toegeken is vir prente van die vorige kalenderjaar – ’n praktyk wat steeds gevolg word. Die kategorieë beste redigering, beste oorspronklike musiek en beste oorspronklike liedjie is ook bygevoeg.
Shirley Temple het op sesjarige ouderdom die eerste jeugprys gewen – sy is die jongste ster wat nog ’n Oscar ontvang het.
Pryse
[wysig | wysig bron]Hier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem):[1]
Beste produksie | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste storie | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste lewende-aksie-kortfilm, komedie | Beste lewende-aksie-kortfilm, nuwigheid |
|
|
Beste animasiekortprent | Beste kunsredigering |
|
|
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste kinematografie | Beste assistant-regisseur |
|
|
Beste klankopname | Beste redigering |
|
|
Jeugprys
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The 7th Academy Awards (1935) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 7 Augustus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- 1934 Oscars-benoemdes en –wenners by infoplease.com
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia