71ste Oscar-toekenningsaand
71ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 21 Maart 1999 | |
Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | |
Aanbieder | Whoopi Goldberg | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Shakespeare in Love | |
Meeste pryse | Shakespeare in Love (7) | |
Meeste benoemings | Shakespeare in Love (13) |
Die 71ste Oscar-toekenningsaand is op 21 Maart 1999 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1998. Whoopi Goldberg was die aanbieder.
Dit was die eerste keer dat die seremonie op ’n Sondag plaasgevind het. Dit het besonder lank aangehou, veral vanweë die besonder lang wennerstoesprake. Dit was ook die laaste keer dat dit in die Dorothy Chandler Pavilion in Los Angeles aangebied is nadat dit byna 30 jaar lank die tuiste van die Oscars was.
Die suksesvolste prent was Shakespeare in Love, wat 13 benoemings gekry en sewe Oscars gewen het, onder meer vir beste rolprent. Saving Private Ryan en Life Is Beautiful het onderskeidelik 11 en sewe benoemings gekry. Eersgenoemde het vyf pryse gewen en laasgenoemde drie.
Drie van die prente wat vir beste rolprent benoem is (Life is Beautiful, Saving Private Ryan en The Thin Red Line) speel in die Tweede Wêreldoorlog af en die ander twee (Shakespeare In Love en Elizabeth) in die Elizabethaanse Engeland.
Dit was die eerste keer dat twee akteurs benoem is vir die vertolking van dieselfde persoon in twee verskillende prente: Cate Blanchett in Elizabeth en Judi Dench in Shakespeare in Love as koningin Elizabeth I.
’n Spesiale huldeblyk is gelewer vir die Oscar-wenner Frank Sinatra, wat die vorige jaar oorlede is, en Stanley Kubrick, wat net twee weke voor die seremonie gesterf het.
Pryse
[wysig | wysig bron]Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste oorspronklike musiek, drama | Beste oorspronklike musiek, blyspel of komedie |
|
|
Beste kunsredigering | Beste kinematografie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Ereprys
[wysig | wysig bron]Irving G. Thalberg-prys
[wysig | wysig bron]- Norman F. Jewison
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The 71st Academy Awards (1999) Nominees and Winners" (in Engels). oscars.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 19 November 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- In Love and War Geargiveer 13 Januarie 2012 op Wayback Machine – Oorsig van benoemings in Entertainment Weekly
- Oscars 1999: The Show Geargiveer 13 Januarie 2012 op Wayback Machine – Oorsig van seremonie in Entertainment Weekly
- Amptelike webtuiste van die Oscars
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia