26ste Oscar-toekenningsaand
26ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 25 Maart 1954 | |
Plek | Pantages Theatre, Hollywood NBC Century Theatre, New York | |
Aanbieder | Donald O'Connor, Fredric March | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | From Here to Eternity | |
Meeste pryse | From Here to Eternity (8) | |
Meeste benoemings | From Here to Eternity (13) |
Die 26ste Oscar-toekenningsaand is op 25 Maart 1954 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood en New York gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1953.
Shirley Booth, wat in Philadelphia in ’n toneelstuk opgetree het, het die beste akteur deur middel van ’n lewendige uitsending aangekondig nadat die aanbieder Donald O'Connor vir haar die naam oor die telefoon gegee het. Gary Cooper het sy prysoorhandiging aan die beste aktrise vooraf opgeneem op ’n stel in Mexiko en O'Connor het die wenner aangekondig.
Al die grootste wenners in dié jaar was swart-wit rolprente. Die grootste was Fred Zinnemann se From Here to Eternity, met 13 benoemings en 8 Oscars, waaronder vir beste rolprent, manlike en vroulike byspeler, regisseur en draaiboek. Met sy 8 pryse het hy die rekord geëwenaar van Gone with the Wind (1939).
William Holden se toespraak as beste akteur was bloot "Dankie" – een van die kortste toesprake in Oscar-geskiedenis.
Pryse
[wysig | wysig bron]Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste storie en draaiboek | Beste draaiboek |
|
|
Beste storie | Beste animasiekortprent |
|
|
Beste lang dokumentêr | Beste kort dokumentêr |
|
|
Beste kinematografie, swart-wit | Beste kinematografie, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste spesiale effekte |
|
|
Erepryse
[wysig | wysig bron]- Die vervaardiger Pete Smith
- 20th Century Fox
- Joseph I. Breen
- Bell and Howell Company –
Irving G. Thalberg-gedenkprys
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "The 26th Academy Awards (1954) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 20 Augustus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia