54ste Oscar-toekenningsaand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
 Ausuebende Audiovision.png 54ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 29 Maart 1982
Plek Dorothy Chandler Pavilion,
Los Angeles
Aanbieder Johnny Carson
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Chariots of Fire
Meeste pryse  Chariots of Fire en
Raiders of the Lost Ark (4 elk)
Meeste benoemings  Reds (12)

Die 54ste Oscar-toekenningsaand is op 29 Maart 1982 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1981. Die aanbieder was Johnny Carson.

Reds was die gunsteling om te wen met 12 benoemings, maar Chariots of Fire het in ’n verrassende wending die Oscar vir beste rolprent ingepalm. Dit was die eerste keer in 13 jaar dat ’n Britse prent dié prys wen.

Henry Fonda het in dié jaar sy eerste Oscar gewen (vir On Golden Pond). Op 76 jaar was hy die oudste wenner in die kategorie vir beste akteur. Sy enigste ander benoeming was 41 jaar tevore vir The Grapes of Wrath. Sy medester Katharine Hepburn het haar vierde Oscar vir beste aktrise gewen en is die aktrise met die meeste pryse in dié kategorie.

Dit was die eerste jaar dat ’n Oscar vir beste grimering toegeken is; die wenner was Rick Baker vir An American Werewolf in London.

Pryse[wysig | wysig bron]

Warren Beatty - 1975.JPG
Warren Beatty
Hepburn guess whos coming to dinner.jpg
Katharine Hepburn
John Gielgud Allan Warren cropped.png
John Gielgud

Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]

Beste rolprent Beste regisseur
  • Chariots of Fire
    • Atlantic City
    • On Golden Pond
    • Raiders of the Lost Ark
    • Reds
  • Warren BeattyReds
    • Louis Malle – Atlantic City
    • Hugh Hudson – Chariots of Fire
    • Mark Rydell – On Golden Pond
    • Steven SpielbergRaiders of the Lost Ark
Beste akteur Beste aktrise
Beste manlike byspeler Beste vroulike byspeler
Beste oorspronklike draaiboek Beste verwerkte draaiboek
  • Chariots of Fire – Colin Welland
    • Absence of Malice – Kurt Luedtke
    • Arthur – Steve Gordon
    • Atlantic City – John Guare
    • Reds – Warren Beatty, Trevor Griffiths
  • On Golden Pond – Ernest Thompson
    • The French Lieutenant's Woman – Harold Pinter
    • Pennies from Heaven – Dennis Potter
    • Prince of the City – Jay Presson Allen, Sidney Lumet
    • Ragtime – Michael Weller
Beste buitelandse rolprent Beste oorspronklike musiek
  • Chariots of Fire – Vangelis
    • On Golden Pond – Dave Grusin
    • Dragonslayer – Alex North
    • Ragtime – Randy Newman
    • Raiders of the Lost Ark – John Williams
Beste kunsredigering Beste kinematografie
  • Raiders of the Lost Ark – Norman Reynolds, Leslie Dilley, Michael Ford
    • The French Lieutenant's Woman – Assheton Gorton, Ann Mollo
    • Heaven's Gate – Tambi Larsen, James Berkey
    • Ragtime – John Graysmark, Patrizia Von Brandenstein, Anthony Reading, George de Titta sr., George de Titta jr., Peter Howitt
    • Reds – Richard Sylbert, Michael Seirton
  • Reds – Vittorio Storaro
    • Excalibur – Alex Thomson
    • On Golden Pond – Billy Williams
    • Ragtime – Miroslav Ondricek
    • Raiders of the Lost Ark – Douglas Slocombe
Beste redigering Beste visuele effekte
  • Raiders of the Lost Ark – Michael Kahn
    • Chariots of Fire – Terry Rawlings
    • The French Lieutenant's Woman – John Bloom
    • On Golden Pond – Robert L. Wolfe
    • Reds – Dede Allen, Craig McKay
  • Raiders of the Lost Ark – Richard Edlund, Kit West, Bruce Nicholson, Joe Johnston
    • Dragonslayer – Dennis Muren, Phil Tippett, Ken Ralston, Brian Johnson

Ereprys[wysig | wysig bron]

  • Barbara Stanwyck

Jean Hersholt- Humanitêre Prys[wysig | wysig bron]

  • Danny Kaye

Irving G. Thalberg-gedenkprys[wysig | wysig bron]

  • Albert R. Broccoli

Gordon E. Sawyer-prys[wysig | wysig bron]

  • Joseph Walker

Spesiale Prestasieprys[wysig | wysig bron]

  • Ben Burtt en Richard L. Anderson vir Raiders of the Lost Ark

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "The 54th Academy Awards (1982) Nominees and Winners". oscars.org. Besoek op 2011-10-08. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]