Heinrich Klaasen
Heinrich Klaasen | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Heinrich Klaasen | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm wegbreek-draaibouler | |||||
Rol | Paaltjiewagter-regshandige kolwer | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 339) | 19 Oktober 2019 v Indië | |||||
Laaste Toets | 8 Maart 2023 v Wes-Indië | |||||
EDI debuut (no 125) | 7 Februarie 2018 v Indië | |||||
Laaste EDI | 16 September 2023 v Australië | |||||
EDI hempno. | 45 | |||||
T20I debuut (no 75) | 18 Februarie 2018 v Indië | |||||
Laaste T20I | 28 Maart 2023 v Wes-Indië | |||||
T20I hempno. | 45 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2011/12–tans | Northerns | |||||
2014/15–2020/21 | Titans | |||||
2018 | Rajasthan Royals | |||||
2018 | Durban Heat | |||||
2019 | Royal Challengers Bangalore | |||||
2022 | Guyana Amazon Warriors | |||||
2022/23 | Durban Super Giants | |||||
2023 | Sunrisers Hyderabad | |||||
2023-teenswoordig | Seattle Orcas | |||||
2023-teenswoordig | Oval Invincibles | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | T20 Internasionale wedstryd | 1ste rang | ||
Wedstryde | 4 | 41 | 41 | 85 | ||
Lopies aangeteken | 104 | 1,323 | 710 | 5,347 | ||
Kolfgemiddeld | 13.00 | 41.34 | 23.66 | 46.09 | ||
100s/50s | 0/0 | 3/5 | 0/4 | 12/24 | ||
Hoogste telling | 35 | 174 | 81 | 292 | ||
Aflewerings geboul | 0 | 30 | 6 | 88 | ||
Paaltjies | - | 0 | 0 | 2 | ||
Boulgemiddeld | - | – | – | 25.00 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | - | – | – | 0 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | - | – | – | 0 | ||
Beste boulontleding | - | – | – | 1/12 | ||
Vangskote/Stonkings | 10/2 | 35/5 | 25/3 | 272/23 | ||
Bron: ESPNcricinfo, 17 September 2023 |
Heinrich Klaasen (* 30 Julie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat vir die Suid-Afrikaanse krieketspan speel.[1] Hy is ingesluit in die Northerns se span vir die 2015 Afrika T20I Beker.[2] In Februarie 2021 het Klaasen Suid-Afrika vir die eerste keer as kaptein gelei tydens 'n T20I-wedstryd.[3] Klaasen het op 21 Maart 2023 sy tweede honderdtal van slegs 54 aflewerings behaal tydens 'n EDI-wedstryd teen Wes-Indië. Op 16 September 2023, tydens die vierde wedstryd van die 2023/2024 eendaginternasionale reeks teen Australië, het Klaasen 174 lopies van slegs 83 aflewerings gemoker. Sy kolfbeurt het 26 grenshoue ingesluit.[4] Sy kolfbeurt het bygedra tot Suid-Afrika se telling van 416/5, die hoogste nóg wat tydens 'n EDI-wedstryd op SuperSport-park behaal is, en 'n oorwinning oor Australië met 'n ontsaglike 164 lopies.[5] Hy het onder meer tydens die Krieketwêreldbeker 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022 en 2024 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Heinrich Klaasen". ESPN Cricinfo. Besoek op 1 September 2015.
- ↑ (en) Northerns Squad / Players – ESPNcricinfo. Opgespoor op 31 Augustus 2015.
- ↑ (en) "Favourites Pakistan gear up for T20 season against fresh-faced South Africa". ESPN Cricinfo. Besoek op 11 Februarie 2021.
- ↑ (af) "Klaasen se klappende kolf kelder Aussies". Maroela Media. Besoek op 18 September 2023.
- ↑ (en) "Brutal Klaasen smashes massive ton as Proteas square series". Supersport. Besoek op 18 September 2023.
- ↑ (en) Andrew Fidel Fernando (27 Junie 2024). "South Africa demolish Afghanistan to enter their maiden men's World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 30 Junie 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Heinrich Klaasen by ESPNcricinfo