Wayne Parnell

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Wayne Parnell
Wayne Parnell.jpg
Volle naam Wayne Dillon Parnell
Gebore 30 Julie 1989 (1989-07-30) (29 jaar oud)
Port Elizabeth, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Bynaam(e) Pigeon, Parny [1]
Lengte 1.88 m
Kolfstyl Linkshandig
Boulstyl Linkerarm medium-vinnig
Rol Bouler
Internasionale inligting
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 311) 14 Januarie 2010 v Engeland
Laaste Toets 6 Oktober 2017 v Bangladesj
Toetshempno. 72
EDI debuut (no 94) 30 Januarie 2009 v Australië
Laaste EDI 25 Januarie 2015 v Wes-Indië
EDI hempno. 72
T20I debuut (no 39) 13 Januarie 2009 v Australië
Laaste T20I 14 Januarie 2015 v Wes-Indië
T20I hempno. 7
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2006–2007 Oostelike Provinsie
2008– Warriors (spanno. 36)
2009 Kent (spanno. 36)
2010 Delhi Daredevils
2011– Sahara Pune Warriors
2011 Sussex
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1ste rang T20
Wedstryde 5 65 61 167
Lopies aangeteken 67 508 2,024 1058
Kolfgemiddeld 16.75 22.08 22.08 19.59
100s/50s 0/0 0/1 2/11 0/3
Hoogste telling 22 56 111* 93
Aflewerings geboul 484 2,911 9,485 3,285
Paaltjies 13 94 178 166
Boulgemiddeld 27.36 29.12 30.25 25.06
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 2 6 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 n/a 1 -
Beste boulontleding 4/51 5/48 7/51 4/13
Vangskote/Stonkings 2/– 12/- 18/- 29/-
Bron: Cricinfo, 4 Oktober 2017

Wayne Parnell (* 30 Julie 1989 in Port Elizabeth, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat toetse, Internasionale eendagwedstryde en Twintig20-wedstryde vir die Proteas speel.

Tuis speel hy vir die Warriors (die ou Oostelike Provinsie) en hy het ook graafskapskrieket vir Kent gespeel. In 2010 is Parnell deur die Delhi Daredevils gekontrakteer vir die 2010 Indiese Premier League, maar in 2011 speel hy vir die Pune Warriors. Tydens die IPL 2014 veiling is hy deur die Delhi Daredevils gekoop vir INR 1 miljoen.

Internasionale loopbaan[wysig | wysig bron]

Parnell is gekies as kaptein van die Suid-Afrikaanse span vir die 2008 o.19 Wêreldbeker-toernooi en het ook vir die span gespeel in die 2006 O/19 Krieketwêreldbeker. Hy voltooi die 2008-toernooi as die voorste paaltjienemer met 18 paaltjies teen 8.38. [2] In die kwarteindstryd teen Bangladesj neem hy 6/8 sowel as die hoogste kolftelling van 57. [3]

Parnell is vir die eendag- en T20-spanne gekies vir Suid-Afrika se toer na Australië in 2008-09 [4][5] en het sy internasionale debuut in die tweede Twintig20 Internasionaal in Brisbane op 13 Januarie 2009 gemaak. Hy was duur met die bal en laat val 'n belangrike vangskoot, maar daar is later uitgevind dat dit moontlik as gevolg van 'n groen laserligstraal in sy oë deur 'n lid van die toeskouers was. [6]

Parnell word ingesluit in Suid-Afrika se span vir die derde en laaste toets teen Australië in Kaapstad [7] en hoewel hy nie gespeel is nie, word hy weer ingesluit vir die twintig20- en eendagreeks wat gevolg het. Hy deel die nuwe bal met mede-snelbouler Dale Steyn en speel 'n sleutelrol in Suid-Afrika se sewe paaltjie-oorwinning in die tweede eendagwedstryd in Centurion deur vier vir slegs 25 te neem. [8]

In Mei 2009 is Parnell weer vir die Proteas gekies in die IKR Wêreldbeker Twintig20 in Engeland. Hy speel 'n uitstekende toernooi, met nege paaltjies teen 13.22 en 'n ekonomie van minder as ses. [9] Teen die gasheer behaal hy syfers van 3/14, wat 'n openingsrits van 2-0-2-1 insluit. [10] In die volgende wedstryd teen Wes-Indië word hy as Speler-van-die-wedstryd aangewys nadat hy 4/13 met die bal geneem het. [11] Sy vertoning besorg hom 'n plek in die Wêreldbekerspan van die toernooi. [12] Parnell ontvang die goue bal as die grootste paaltjienemer in die 2009-IKR Kampioenetrofee met 11 paaltjies.

In 2013 beleef Parnell weer soos in 2012 'n ongelukkige seisoen. Hy word deur Jos Buttler vir 32 in een boulbeurt gemoker tydens 'n Twintig20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Wayne becomes Whallid Parnell". IOL. Besoek op 1 November 2013. 
  2. Under-19 World Cup, 2007/08 – Most Wickets, Cricinfo, verkry op 30 April 2008
  3. Bangladesh Under-19s v South Africa Under-19s, Scorecard, CricketArchive, verkry op 30 April 2008
  4. South Africa in Australia Twenty20 International Series, 2008/09 – South Africa Twenty20 Squad, Cricinfo, verkry op 13 Januarie 2009
  5. South Africa in Australia ODI Series, 2008/09 – South Africa ODI Squad, Cricinfo, verkry op 13 Januarie 2009
  6. The Proteas might have lost anyway, IOL, verkry op 29 Julie 2009
  7. Kallis appointed S Africa captain, BBC Sport, 10 Maart 2009, verkry op 29 Julie 2009
  8. Parnell and Steyn crush Australia, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009
  9. ICC World Twenty20, 2009 – South Africa averages, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009
  10. England v South Africa (14th match, Group E), commentary, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009
  11. South Africa v West Indies (17th match, Group E), scorecard, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009
  12. Three South Africans in World T20 team, IOL, verkry op 29 Julie 2009