Carisbrook

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Carisbrook
Carisbrook.jpg
'n Uitsig oor Carisbrook

Bynaam House of Pain
Ligging Dunedin, Nieu-Seeland
Koördinate 45°53′37″S 170°29′26″O / 45.89361°S 170.49056°O / -45.89361; 170.49056
Eienaar Carisbrook Stadionmaatskappy
Operateur Carisbrook Stadionmaatskappy
Kapasiteit 29 000[1]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1881
Geopen 1883
Gesluit 2011
Gesloop 2013
Huurders
Highlanders (1996–2011)

Carisbrook is 'n sportstadion in Dunedin, Nieu-Seeland. Dit is die stad se plaaslike en internasionale rugbystadion, maar is ook al gebruik vir ander sportsoorte soos krieket, sokker, rugbyleague en motocross.[2] Carisbrook was het ook al 'n konsert van Joe Cocker aangebied asook voorwedstrydkonserte in die 1990's. In 2011 het Carisbrook sy deure gesluit om plek te maak vir die Forsyth Barrstadion by die Universiteitsplaza in Noord-Dunedin.

Die stadion het sedert die 1990's dag- en aandwedstryde aangebied. Dit staan plaaslik bekend as Die Brook en wêreldwyd soms as die House of Pain weens die feit dat rugbytoerspanne gesukkel het om oorwinnings te behaal in die stadion. Carisbrook is tydens die Rugbywêreldbeker 1987 en die Krieketwêreldbeker 1992 ingespan.

Die stadion is geleë in die Caversham-voorstad aan die voet van die Glen, 'n steil vallei, en lê tussen die Suid-Eiland hoofspoorlyn en Hillside Ingenieurswerke. Die stadsentrum is ongeveer 3 kilometer noordoos van die stadion en die Staatsnelweg 1 loop naby die noordelike grens van die stadion verby.

Carisbrook is vernoem na die landgoed van 'n vroeë koloniale setlaar, James Macandrew (die landgoed is vernoem na 'n kasteel in die Eiland Wight). Die stadion is ontwikkel gedurende die 1870's en is die eerste keer gebruik vir 'n internasionale krieketwedstryd in 1883 toe Otago teen 'n span van Tasmanië gespeel het. Sedert 1908 word internasionale rugbywedstryde op die stadion gespeel en sedert 1955 word krieket op 'n meer gereelde basis gespeel.

Die stadion was die tuisveld van die Highlanders in die Super 14 en Otago in die Air New Zealand-beker wat na Forsyth Barr-stadion verhuis het. Dit was vroeër ook die tuisveld van Otago krieket (wat na die Universiteitsovaal te Loganpark verhuis het in die vroeë 2000's) en die Otago sokkerspan in die Nieu-Seelandse Sokkerkampioenskap (wat in die 2008-'09-seisoen na Sunnyvalepark verhuis het).

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Rugbywêreldbeker 1987[wysig | wysig bron]

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
30 Mei 1987 Vlag van Kanada Kanada 19–46 Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Groep B 9 000
31 Mei 1987 Vlag van Fidji Fidji 15–18 Vlag van Italië Italië Groep C 13 000
2 Junie 1987 Vlag van Roemenië Roemenië 28–55 Vlag van Skotland Skotland Groep D 14 000

Krieketwêreldbeker 1992[wysig | wysig bron]

Groepfase
12 Maart 1992

Telkaart
Vlag van Indië Indië
230/6 (50 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
231/6 (47.1 boulbeurte)
Sachin Tendulkar 84 (107)
Chris Harris 3/55 (9 boulbeurte)
Mark Greatbatch 73 (77)
Manoj Prabhakar 3/46 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 4 paaltjies
Carisbrook, Dunedin, Nieu-Seeland
Skeidsregters: Peter McConnell (Aus) en Ian Robinson (Zim)
Speler van die wedstryd: Mark Greatbatch (NZ)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) www.orfu.co.nz
  2. (en) "Carisbrook". Cricinfo. Besoek op 20 Februarie 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]